Patient Seven is 'n Amerikaanse sielkundigerillerrolprent van 2016,Patient Seven, review at We Are Indie HorrorPatient Seven, Culture Crypt met segmente wat deur Danny Draven, Paul Davis, Ómar Örn Hauksson, Dean Hewison, Joel Morgan en Johannes Persson geregisseer is.Jacob Hopkins - Patient Seven - Review, modernhorrors.com Die prent is geïnspireer deur die Britse 1972-prent Asylum.Patient Seven – USA, 2016 , horrorpedia.com Die hoofakteur is Michael Ironside, en ander akteurs is Jack Plotnick, Drew Fonteiro en Rane Jameson.

Patient Seven is saamgestel uit sewe dele, wat elk te doen het met die een of ander sielkundige psigose, van geheueverlies en hallusinasies tot skisofrenie, asook met rillerkarakters soos zombies, vampiere en spoke.

Storielyn

In die raamwerk van die storie is Michael Ironside die sadistiese dr. Daniel Marcus, wat onderhoude met 'n paar pasiënte voer wie se psigose volgens hom deur vorige trauma veroorsaak is. Dr. Paul Victor (Jack Plotnick) laat hom toe om onderhoude met ses pasiënte te voer wat almal aan sy vereistes voldoen. Hy gee die ordonnanse Shane (Drew Fonteiro) en Kyle (Rane Jameson) opdrag om hom te help.

Marcus ontketen dan elke pasiënt se vrees deur middel van die een of ander element uit hulle verlede, en veroorsaak dat hulle paniekerig word en hulle stories deur terugflitse vertel. Elk van dié stories maak 'n segment uit. Hy laat elke pasiënt gaan met 'n skerp, wrede veroordeling oor wat hy beweer hulle "vals" psigose is.

Nadat hy al ses pasiënte gesien het, tref Marcus die ordonnanse Shane en Kyle dood in die gang aan. Hy word deur een van die pasiënte oor die kop geslaan en word wakker in 'n dwangbuis, omring deur die pasiënte waarmee hy onderhoude gevoer het. Net toe hy vermoor word, word hy skielik wakker en word dit bekend dat Marcus self die sewende pasiënte van die titel is: Dr. Victor onthul dat hy sy dokter is. Nadat Marcus ook sy storie vertel het, word hy deur Victor bespot op dieselfde manier as waarop hy die ander ses pasiënte in sy hallusinasies bespot het. Toe Victor egter sy rug na hom draai, val Marcus hom aan en breek sy nek. Marcus tel Victor se bril op en sê dit is tyd om sy rondtes te doen voodat hy op 'n moordorgie deur die instelling gaan.

Segmente Segment Regisseur Skrywers Opsomming "The Visitant" Nicholas Peterson Nicholas Peterson 'n Hallusinerende ma dink sy sien 'n demoon. "The Body" Paul Davis Paul Davis, Paul Fischer Op Halloween sien 'n moordenaar die geleentheid om voor almal van 'n lyk ontslae te raak. "Undying Love" Ómar Örn Hauksson Ómar Örn Hauksson 'n Vrou blameer zombies vir die dood van haar ontroue minnaar en sy meisie. "The Sleeping Plot" Dean Hewison Dean Hewison, Sam Dickson, Richard Falkner, Aidee Walker 'n Meisie wat van die moord op haar beste vriendin beskuldig word, beweer die vriendin het selfmoord gepleeg. "Banishing" Erlingur Thoroddsen Jacey Heldrich, Brian McAuley 'n Meisie se suster word getreiter deur 'n vreemde, vreesaanjaende vrou. "Death Scenes" Joel Morgan Joel Morgan 'n Man vertel die storie van sy vriend, 'n kamtige vampiermoordenaar. "Evaded" Johannes Persson, Rasmus Wassberg Johannes Persson, Rasmus Wassberg 'n Ma en seun tref dit ongelukkig op 'n uistappie na 'n afgeleë bestemming.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse rolprente