duimnael|400px|Groep van 20 voorste nywerheids- en ontwikkelende lande:
Die Groep van die 20 voorste nywerheids- en ontwikkelende lande (G-20) is 'n informele vereniging wat uit die Europese Unie en 19 ander lidstate bestaan. Suid-Afrika is die enigste lid op die vasteland van Afrika. Die Groep van 20 is as 'n belangrike internasionale forum, ten opsigte van samewerking en wedersydse raadpleging en konsultasie in verband met kwessies wat die internasionale finansiële stelsel raak, gestig.
Die G-20 se berade word deur die ministers van finansies en die direkteurs van die Sentrale of Reserwebanke van die Groep van Agt en twaalf ander state asook die president van die Europese Raad bygewoon (mits hierdie amp tydens die beraad nie reeds deur 'n verteenwoordiger van een van die G7-state beklee word nie), die president van die Europese Sentrale Bank, die besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), die voorsitter van die Internasionale Komitee van Geldeenhede en Finansies (IKGF/IMFC), die president van die Wêreldbank en die voorsitter van die Wêreldbank en die IMF se Development Assistance Committee bygewoon.
Lys van die Groep van 20-spitsberade
Datum Land Stad Plek Gasheer Notas 1ste 15–16 Desember 1999 Berlyn 2de 24–25 Oktober 2000 Montreal 3de 16–17 November 2001 Ottawa 4de 22–23 November 2002 Delhi 5de 26–27 Oktober 2003 Morelia 6de 19–21 November 2004 Berlyn 7de 15–16 Oktober 2005 Beijing 8ste 18–19 November 2006 Melbourne 9de 17–18 November 2007 Kaapstad 10de 8–9 November 2008 São Paulo 11de 14–15 November 2008 Washington, D.C. National Building Museum George W. Bush spesiale byeenkoms oor die ekonomiese wêreldkrisis 12de 2 April 2009 Londen ExCeL London Gordon Brown Die G20-byeenkoms in Londen was hoofsaaklik gewy aan die gevolge van die ekonomiese krisis en is bygewoon deur die leiers van die lidlande, aangevul met Spanje en Nederland (as verteenwoordigers van die Europese Unie), asook die ministers van Finansies en die presidente van die sentrale banke. Die vernaamste resultate was 'n ekstra impuls vir die finansiële wêreld, steun aan die IMF en 'n wêreldwye reguleringsorgaan vir die finansiële markte. Die IMF het 'n bykomende bedrag van 500 miljard dollar gekry om die finansiële stabiliteit in die wêreld te versterk. Japan, die Europese Unie en die Verenigde State sou elk die IMF met 100 miljard dollar versterk. Met hierdie toegif verdrievoudig die middele van die IMF vir die bestryding van die finansiële krisis. Daarbenewens is afgespreek om proteksionisme teen te werk en 'n halt te roep met belastingparadyse. 13de 24–25 September 2009 Pittsburgh David L. Lawrence Convention Center Barack Obama Tweede byeenkoms vir 2009. Vir hierdie geleentheid was ook die leiers uitgenooi van die lande Spanje en Nederland en die organisasies NEPAD, ASEAN, Verenigde Nasies, Wêreldbank, Internasionale Monetêre Fonds, Wêreldhandelsorganisasie, APEC en die FSF. Hulle het samesprekings gevoer oor die vooruitgang wat gemaak is sedert die voorafgaande twee byeenkomste en verdere aksies is bespreek wat moet lei tot herstel weens die wêreldwye finansiële en ekonomiese krisis. 14de 26–27 Junie 2010 Toronto Metro Toronto Convention Centre Stephen Harper Op die agenda is onder andere bankbelasting. Protesaksies kom voor. Enkele mense het vreedsaam geprotesteer, maar ander verwoes winkelvensters, steek polisievoertuie aan die brand en verniel antennas van televisiestasies. 15de 11–12 November 2010 Seoel COEX Convention & Exhibition Center Lee Myung-bak Die oorheersende tema was die dreigende valutaoorlog. Die voortgesette ruim geldpolitiek van die Verenigde State bly die waarde van die dollar voortdurend ondermyn. Die samesprekings lewer geen resultaat op nie. 16de 3–4 November 2011 Cannes Palais des Festivals Nicolas Sarkozy 17de 18–19 Junie 2012 San José del Cabo, Los Cabos Los Cabos Convention Center Felipe Calderón 18de 5–6 September 2013 Sint Petersburg Strelna Wladimir Poetin 19de 15–16 November 2014 Brisbane Brisbane Convention & Exhibition Centre Tony Abbott 20ste 15–16 November 2015 Serik, Antalya Regnum Carya Hotel Convention Centre Recep Tayyip Erdoğan 21ste 4–5 September 2016 Hangzhou Hangzhou International Exhibition Centre Xi Jinping Die hooffokus was die swak groei in die wêreldekonomie. As grootste risiko's vir die wêreldekonomie is wispelturige kapitaalstrome genoem, 'n skerp val in grondstofpryse en geo-politieke spanning. Die enigste konkrete ooreenkoms was dat sentrale bankiers hul monetêre beleid beter met mekaar gaan koördineer. Het Financieele Dagblad Dijsselbloem: 'Voldoende ruimte om groei aan te jagen', 27 Februarie 2016, besoek op 4 Maart 2016 22ste 7–8 Julie 2017 Hamburg Hamburg Messe Angela Merkel 23ste 30 November–1 Desember 2018 Buenos Aires Costa Salguero Center Mauricio Macri 24ste 28–29 Junie 2019 Osaka Intex Osaka Shinzo Abe 25ste 21–22 November 2020 Riaad King Abdullah Financial District Salman Weens die wêreldwye Covid-19-pandemie aanlyn gehou 26ste 30–31 Oktober 2021 Rome EUR Nuwe Konferensiesentrum Mario Draghi 27ste 15–16 November 2022 Bali Bali Nusa Dua Konferensiesentrum Joko Widodo 28ste 9–10 September 2023 Nieu-Delhi Bharat Mandapam Narendra Modi 29ste 18–19 November 2024 Rio de Janeiro Museum vir Moderne Kuns Luiz Inácio Lula da Silva 30ste 22–23 November 2025 Johannesburg Nasrec Cyril Ramaphosa 31ste 14–15 Desember 2026 Miami Trump National Doral Miami Donald Trump 32ste 2027 n.v.t. n.v.t. Andy Burnham 33ste 2028 n.v.t. n.v.t. Lee Jae Myung
Leiers van die G20
Lidlande
Geskiedenis Die G20 is vir die eerste keer bespreek tydens die konferensie van die G7 in Keulen in Junie 1999, en formeel gestig tydens die vergadering van die G7 op 26 September 1999. Die eerste byeenkoms van die G20 vind plaas op 15 en 16 Desember 1999 in Berlyn. Aanvanklik het die ministers van Finansies van alle lidstate, die presidente van die sentrale banke van die lande van die G7 en van 12 ander belangrike lande en die voorsitter van die Europese Unie sitting in die G20.
Organisasie Die G20 het geen permanente sekretariaat van permanente beamptes nie. Hierdie take word per vergadering deur ander lande uitgevoer. Die land wat die byeenkoms organiseer stel 'n tydelike sekretariaat saam, wat die werk en die organisasie van die byeenkoms lei.
Die vergaderings is onreëlmatig maar in die algemeen jaarliks, voorafgegaan deur 'n voorbereidende byeenkoms. In Oktober 2008 is 'n spesiale byeenkoms gewy aan die gevolge van die kredietkrisis, bygewoon deur die regering leiers van die lidlande. Hierdie word in April 2009 opgevolg.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike tuisblad