Karin Elisabeth Dreijer Andersson (* 7 April 1975) is 'n Sweedse musikant en sangeres wat bekend is vir haar rol as hoofsangeres van die musiekgroep The Knife, 'n musiekduo wat sy met haar broer Olof Dreijer gevorm het. Andersson was voorheen die sangeres en kitaarspeelster van die groep Honey is Cool. Terwyl The Knife op 'n hiaat is, het sy haar solodebuutalbum in 2009 onder die naam Fever Ray vrygestel.
Andersson is verder ook bekend vir haar samewerking met die Noorse groep Röyksopp, waar sy in treffers soos "What Else is There?" die voorsang behartig het.
Andersson, Karin Dreijer Andersson, Karin Dreijer Kategorie:Lewende mense