Dessau-Roßlau 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Deelstaat 20px Sakse-Anhalt Koördinate Stigting Laat 12de eeu Oppervlakte: - Totaal 245,78 vk km Hoogte bo seevlak 59 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2024) 75 402 - Bevolkingsdigtheid 307/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematigde klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur - Gem. temp. Januarie/Julie - Gemiddelde jaarlikse neerslag Burgemeester Robert Reck (O) Amptelike webwerf dessau-rosslau.de
Dessau-Roßlau (Duits: [ˈdɛsa͜u ˈrɔsla͜u], ) is 'n selfregerende stad in die Duitse deelstaat Sakse-Anhalt langs die Elberivier. Die stad het as gevolg van 'n administratiewe hervorming op 1 Julie 2007 met die samesmelting van Dessau en Roßlau ontstaan en is sedertdien die derde grootste stad in Sakse-Anhalt ná Halle en Maagdeburg. Die grootste stede in die omgewing is Halle (40 kilometer suid), Leipzig (52 kilometer suidoos) en Maagdenburg (sowat 65 kilometer noordwes).
duimnael|links|Gerekonstrueerde vooraansig van die Bauhaus Dessau, ontwerp deur Walter Gropius duimnael|links|Die Dessau-Wörlitzse Tuinryk In historiese opsig was Dessau die hoofstad van die vorste- en latere hertogdom Anhalt-Dessau en Anhalt. Dessau was sedert die 18de eeu – toe dit tot een van die beduidendste sentra van die Duitse verligting ontwikkel het – 'n bakermat van belangrike vernuwings en ontwikkelinge op sosiale, ekonomiese en opvoedkundige gebied. Die harmoniese wêreld van tuine, parke en slotte, die sogenaamde Dessau-Wörlitzse Tuinryk in die rivierlandskap tussen Elbe en Mulde, dateer uit die 18de eeu. Die Dessau-Wörlitzse Tuinryk is in 2000 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
Later het die bekende Duitse nyweraar en lugvaartpionier Hugo Junkers sy vliegtuie in Dessau vervaardig en 'n nuwe tydperk in die lugvaartgeskiedenis ingelui. Met die befaamde kunsskool Bauhaus het Dessau 'n groot invloed op die internasionale argitektuur, kuns en ontwerp uitgeoefen. Die Bauhaus Dessau is in 1996 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Dessau-Roßlau is ná Weimar net een van twee Duitse stede wat twee Unesco-wêrelderfenisgebiede huisves. Net Berlyn het drie inskrywings.
Die gebied van Leipzig-Halle-Dessau is tans een van die beduidendste ekonomiese groeipunte in die oostelike deelstate van Duitsland. Dessau is die setel van belangrike instellings van die deelstaat Sakse-Anhalt en die Duitse Federale Buro vir Omgewingsake (Duits: Umweltbundesamt).
Sport Op Dessau-Roßlau se Paul-Greifzu-stadion is tydens die tweejaarlikse Europese Rugbykampioenskap tot dusver twee belangrike rugbywedstryde beslis: 4 Februarie 2024: teen (17–28) 14 Februarie 2026: teen (12–68)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Sakse-Anhalt