duimnael Ichirō Hatoyama (鳩山 一郎, Hatoyama Ichirō, 1 Januarie 1883 – 7 Maart 1959) was 'n Japannese politikus wat van 1954 tot 1956 as Eerste minister van Japan gedien het. Tydens sy ampstermyn het hy toesig gehou oor die stigting van die Liberaaldemokratiese Party (LDP) en amptelike betrekkinge met die Sowjetunie herstel.
Ichirō Hatoyama was die oupa van Yukio Hatoyama, wat van 2009 tot 2010 as eerste minister gedien het.
Eksterne skakels
Kategorie:Eerste Ministers van Japan Kategorie:Geboortes in 1883 Kategorie:Sterftes in 1959