Bolwolke (ook genoem Bok-globules, na die ontdekker, Bart Bok) is in sterrekunde geïsoleerde en relatief klein, donker newels wat digte ruimtestof en gas bevat waarin stervorming kan plaasvind. Bolwolke word in H II-gebiede aangetref en het gwoonlik 'n massa van sowat 2 tot 50 sonmassas in 'n streek van sowat 'n ligjaar breed. Hulle bevat molekulêre waterstof (H2), koolstofoksiede en helium, en omtrent 1% (volgens massa) silikaatstof. Bolwolke lei gewoonlik tot die vorming van dubbel- of veelvoudige sterre.

Geskiedenis Bolwolke is in die 1940's die eerste keer waargeneem, deur die sterrekundige Bart Bok. In 'n atikel wat in 1947 gepubliseer is, het hy en Edith F. Reilly gehipotetiseer dat dié wolke "soortgelyk aan insekkoekonne" is en dat hulle gravitasionele instorting ondergaan om nuwe sterre te vorm. Sterre en sterreswerms ontstaan hieruit. Dié hipotese was moeilik om te verifieer weens die probleme met waarneming om te bepaal wat binne-in 'n donker wolk gebeur wat alle sigbare lig verdoesel wat van binne uitgestraal word.

'n Ontleding van naby-infrarooi-waarnemings wat in 1990 gepubliseer is, het bevestig dat nuwe sterre in bolkwolke ontstaan. Verdere navorsing het onthul sommige bolwolke bevat vasgelegde warm bronne, party bevat ligte kolle en ander toon die uitvloei van molekulêre gas.

Daar word nou geglo 'n tipiese bolwolk bevat materiaal van sowat 10 sonmassas in 'n streek wat sowat 'n ligjaar breed is, en dat hulle meestal lei tot die vorming van dubbel- en meervoudige sterre. Bolwolke word steeds intens bestudeer. Hulle is van die koudste voorwerpe in die natuurlike heelal, en hulle struktuur en digtheid bly ietwat van 'n geheim.

Bolwolke wat deur ultravioletlig van nabygeleë warm sterre bestraal word, toon dat materiale gestroop word om 'n stert te produseer. Dié soorte word "komeetglobules" genoem.Cometary globules. 1 Formation, evolution and morphology, B. Lefloch and B. Lazareff, 1994.

Galery

Sien ook Molekulêre wolk

Verwysings

Skakels 'n Ster in wording

Kategorie:Donker newels