Die Azanian People's Organisation (akroniem AZAPO) is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die party is gefundeer op die filosofieë van die Swart Bewussynsbeweging soos ontwikkel deur Steve Biko, Onkgopotse Tiro en Vuyelwa Mashalaba.
Dit is in 1978 uit drie organisasies gestig: die Black People's Convention (BPC), die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) en die Black Community Programmes (BCP). Hierdie drie was maar 'n paar van die swart bewussynsbewegings wat op Woensdag 19 Oktober 1977 verban is weens hul rol in die gewapende stryd en die opstande van 1976. In Oktober 1994 het AZAPO met 'n uitgeweke susterorganisasie, die Black Conciousness Movement of Azania (BCMA), saamgesmelt.
AZAPO het hom beywer vir die isolering van Suid-Afrika gedurende die sg. apartheidsjare deur 'n kulturele boikot in die land teweeg te bring. Die gewapende vleuel van AZAPO was die Nasionale Bevrydingsleër van Azanië (Azanian National Liberation Army (AZANLA).
Op 21 Maart 1998 het 'n faksie van AZAPO afgestig om die Sosialistiese Party van Azanië (SOPA) te vorm.
Gedurende die 1980's was die party betrokke in 'n moorddadige tweestryd met die ANC. Sedertdien het AZAPO voortgesukkel as 'n klein politieke party waar hy twee setels in die Suid-Afrikaanse Parlement tydens die 2004 algemene verkiesing gewen het. Nadat die stemme weer getel is, is die setels egter verminder na een.
Verkiesingsresultate Nasionale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2019 12 823 0,07 0 2014 20 421 0,11 0 2009 38 245 0,22 1 2004 39 116 0,25 1 1999 27 257 0,17 1
Provinsiale verkiesings VerkiesingOos-KaapVrystaatGautengKwaZulu-NatalLimpopoMpumalangaNoordwesNoord-KaapWes-Kaap%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels2019 0,08% 0/63 0,09% 0/30 0,08% 0/73 0,07% 0/80 0,17% 0/49 0,04% 0/30 0,08% 0/33 0,25% 0/30 0,02% 0/4220140,12%0/630,16%0/300,12%0/730,15%0/800,26%0/490,09%0/300,17%0/330,25%0/300,04%0/4220090,20%0/63--0,21%0/73--0,38%0/490,23%0/300,25%0/330,60%0/300,07%0/4220040,17%0/630,35%0/300,25%0/730,26%0/800,51%0/490,19%0/300,29%0/330,52%0/300,09%0/421999----0,16%0/730,17%0/800,54%0/490,10%0/30--0,41%0/30--
Munisipale verkiesings VerkiesingsStemme% 2021 17 744 0,06% 2016 28 049 0,07% 2011 50 631 0,2% 2006 74 627 0,3% 2000 0,3%
Sien ook Lys van politieke partye in Suid-Afrika
Eksterne skakels Die AZAPO se amptelike webwerf
Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika Kategorie:Afrika- en swart nasionalisme in Suid-Afrika