WladiwostokВладивосток 280px Ligging in Oos-Rusland Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Krai 21px Primorski-krai Koördinate Gestig op 2 Julie 1860 Stadstatus 22 April 1880 Oppervlakte:    - Totaal 331,16 vk km  Hoogte bo seevlak 171 m Bevolking:    - Totaal (2018-beraming) 604 901  - Bevolkingsdigtheid 1 814/vk km Tydsone UTC+11 Burgemeester Jewgeni Poesjkarjof Amptelike webwerf www.vlc.ru

Wladiwostok (Russies: Владивосто́к, [vlədʲɪvɐˈstok], , letterlik: "heerser oor die ooste") is die hoofstad van die Primorski-krai in die ooste van Rusland en het 'n geraamde bevolking van 604 901 (2018). Die Wladiwostok Internasionale Lughawe is naby aan die stad geleë, en die stad se hawe is die basis van die Russiese Vloot in die Stille Oseaan.

Wladiwostok is naby die Russiese grens met beide Noord-Korea en die Volksrepubliek China geleë; Harbin in die Volksrepubliek China is sowat 515 km (320 myl) in die weste en Sapporo in Japan is sowat 775 km (482 myl) oos oorkant die See van Japan.

Geskiedenis links|duimnael|Wladiwostok in 1910 Wladiwostok is op 2 Julie 1860 gestig en het in 22 April 1880 stadstatus verkry.

Ekonomie Die stad se belangrikste bedrywe is skeepvaart, kommersiële visvang en die vlootbasis. Visvang is bykans vier vyfdes van die kommersiële produksie van Wladiwostok. Ander voedselproduksie beloop 11%.

Die invoer van Japannese motors is 'n baie belangrike werkgewer en 'n groot bron van inkomste vir die inwoners van die stad.

Vervoer Die Transsiberiese Spoorlyn is gebou om Europese Rusland met Wladiwostok te verbind, Rusland se belangrikste hawe in die Stille Oseaan. Die spoorlyn is in 1905 voltooi, en het vanaf Moskou na Wladiwostok via verskeie van Rusland se grootste stede geloop.

Susterstede Wladiwostok het 15 susterstede:

Niigata, Japan Akita, Japan Hakodate, Japan Dalian, Liaoning, Volksrepubliek China Yanbian, Jilin, Volksrepubliek China Cebu Stad, Filippyne Makati, Filippyne San Diego, Kalifornië, Verenigde State Tacoma, Washington, Verenigde State Juneau, Alaska, Verenigde State Manta, Ecuador Kota Kinabalu, Maleisië Wladikafkaz, Noord-Ossetië-Alanië, Rusland Davao Stad, Filippyne Harbin, Heilongjiang, Volksrepubliek China

In 2010 is boë met die name van elk een van Wladiwostok se susterstede in 'n park in die stad geplaas. Во Владивостоке открыт сквер городов-побратимов. Besoek op 19 Julie 2016.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van Wladiwostok

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Rusland