Monwabisi Kwanda Mbeki (1959 — vermis sedert 1981) is die seun van voormalige Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki en Olive Mpahlwa. Sy verdwyning was 'n saak van internasionale belang.Search for Mbeki's long-lost son, BBC, Retrieved 25 May 2016 Daar word geglo dat hy deur apartheidsagente vermoor is.
Biografie Monwabisi Kwanda Mbeki, bekend as Kwanda, is in 1959 gebore in Butterworth, Oos-Kaap. Sy ouers was Thabo Mbeki (destyds 'n 16-jarige) en Olive Mphahlwa. Ingevolge Xhosa-tradisie moes Thabo 'n boete betaal omdat hy 'n minderjarige meisie swanger gemaak het. Hy het vyf beeste gegee.
Kwanda het by Olive se gesin gewoon tot die ouderdom van tien. Daarna het hy by Thabo se ma, Epainette Mbeki (bekend as Ma Mofokeng), ingetrek totdat hy matriek geslaag het.
Verdwyning In 1976 het Kwanda saam met een van Thabo se ou kamerade Phindile Mfeti in ballingskap gegaan. Kwanda het by Phindile gehoor dat sy pa in ballingskap in Swaziland was en het besluit om by hom aan te sluit. Kwanda se stem is vir oulaas oor 'n telefoon gehoor toe hy vir Thabo se vriend vertel het dat hy in Durban is. Hy het in 1981 verdwyn.Victims—Mbeki, Monwabisi Kwanda , SABC Truth Commission Special Report
Waarheid- en-versoeningskommissie In 1998 het beide Thabo en Olive by die WVK gepraat en gevind dat die laaste plek waar Kwanda lewend gesien is, by die ANC militêre basis in Tanzanië was. Daar word aanvaar dat beide Kwanda en Phindile deur die Apartheidsregering se magte vermoor is.
In 2006 is aangekondig dat 'n nuwe ondersoek van stapel gestuur sou word om te probeer uitvind wat gebeur het.Fresh inquiry ordered into death of Mbeki's son, Independent Daar is opgemerk dat honderde liggame van ANC-lede wat deur die destydse owerhede vermoor is, nog nooit opgespoor is nie.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Vermiste mense