Oxalis uliginosa is 'n knolagtige geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Clanwilliam tot by Citrusdal voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 771 km² en daar is vermoedelik tussen twee en vyf bevolkings. Die spesie het 'n groot gedeelte van sy habitat afgestaan aan die verbouing van sitrus en dam konstruksie. Die oorblywende bevolking word bedreig deur indringerplante en oorbeweiding. Die spesie is deel van die fynbos.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
uliginosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika