Johannes Cronjé is 'n Suid-Afrikaanse onderwys- en tegnologieprofessor en erkende baanbreker in opvoedkundige tegnologie in Afrika. Saam met twee ander professore (Prof Alan Amory en Prof. Laura Czerniewicz) het Cronjé opvoedkundige tegnologie in Suid-Afrika na die hoofstroom gevoer.

Loopbaan Cronjé is in 1959 in Davenport in Iowa in die VSA gebore. Hy het sy D.Litt in Afrikaanse letterkunde in 1990 aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Hy was 'n professor in Rekenaargesteunde onderwys aan die Universiteit van Pretoria en dekaan van die Fakulteit Informatika en Ontwerp aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Professor Cronjé het onlangs afgetree nadat hy in sy loopbaan oor 66 doktorale studies toesig gehou het.

Navorsing Cronje het wyd gepubliseer en het 'n betekenisvolle teorie bekendgestel oor gedragspatrone en konstruktivisme in 'n tegnologieryke omgewing.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Universiteit van Pretoria Kategorie:Kaapse_Skiereiland_Universiteit_van_Tegnologie Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense