Joan Jett (gebore as Joan Marie Larkin; 22 September 1958) is 'n Amerikaanse musikant, sanger-liedjieskrywer en aktrise. Sy staan bekend as die "Godmother of Punk" en die "Queen of Rock 'n' Roll", word beskou as 'n rock-ikoon, en is 'n invloedryke figuur in populêre rockmusiek.
Jett was die medestigter van the Runaways en het van 1975 tot 1979 saam met die groep opgetree, saam met wie sy vier albums vrygestel het. Na die groep se ontbinding het sy Blackheart Records, 'n onafhanklike platevervaardiger, gestig saam met die musiekvervaardiger Kenny Laguna. In 1979 bring sy Joan Jett and the Blackhearts as haar "backup band" op die been; in die tyd stel sy haar solo debuutalbum vry. Jett het saam met die Blackhearts twaalf albums vrygestel, waarvan drie platinum- of goue status bereik het. Bygevolg het elf van haar enkelsnitte verskyn op die Billboard Hot 100-trefferlys.
In 2015 is Jett en die Blackhearts ingewy in die Rock and Roll Hall of Fame. In 1987 het sy die hoofrol vertolk in die rolprent Light of Day. Sy het ook verskyn in verskeie televisiereekse.
Diskografie Solo albums Joan Jett (1980); her-vrygestel as Bad Reputation (1981) The Hit List (1990) Saam met Joan Jett and the Blackhearts I Love Rock 'n Roll (1981) Album (1983) Glorious Results of a Misspent Youth (1984) Good Music (1986) Up Your Alley (1988) Notorious (1991) Pure and Simple (1994) Naked (2004) Sinner (2006) Unvarnished (2013) Changeup (2022) Mindsets (2023)
Verwysings
Eksterne skakels Joan Jett se weergawe van "Love Hurts" op Youtube
Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Amerikaanse sangers