Dakriet (Elegia tectorum) is 'n risoomagtige geofiet wat deel van die Restionaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Die plant word tot 1 m hoog en is bladwisselend. Dit blom van Mei tot Oktober maand, die blommetjies is kleiner as 3 mm. Die spesie is deel van die fynbos.
Dit staan ook bekend as dekriet.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018
tectorum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika