duimnael|regs|250px|Eskarp en voetheuwels van die Baynesberge Die Baynesberge is 'n bergreeks in noordelike Namibië.
Beskrywing Die Baynesberge vorm 'n plato met eskarp in Kunene, 'n streek van noordwestelike Namibië, naby die Angolese grens (wat aldaar deur die Kunenerivier gevorm word). Die berge wissel in hoogte van 700 tot 2 000 meter. Die bergreeks bestaan uit kwartsitiese sandsteen, en het styl kranse en klowe. Die Baynesravyn word aangetref waar die Kunenerivier die Sebra- en Baynesberge verbysteek voor dit die Namibwoestyn binnevloei. Jaarlikse reënval in die Baynesberge is omtrent 200 mm.
Flora Flora van die Baynesberge sluit Abrus kaokoensis, Baynesia lophophora en Euphorbia ohiva in.
Verwysings
Kategorie:Berge van Namibië