Merlí: Sapere AudeSapere Aude is Latyn vir "Waag om te Weet" is 'n dramareeks vir televisie oor universiteitstudente wat deur Héctor Lozano geskep is en op 5 Desember 2019 op Movistar+ begin stroom is. Dit is 'n opvolg van die TV-reeks Merlí op die Katalaanse kanaal TV3. Dit gaan oor Pol Rubio (Carlos Cuevas), wat by die universiteit inskryf om te volg in die voetspore van sy geïdealiseerde hoërskoolonderwyser, Merlí. Die reeks is in Katalaans en Spaans geskiet en in Engels oorgeklank. Daar is twee seisoene van agt episodes elk.
Die agt episodes van die tweede en laaste seisoen is tussen Augustus en November 2020 geskiet en is van 2 April 2021 af op Movistar+ gewys. Die reeks kan ook op Netflix gestroom word.
Storielyn Pol Rubio (Carlos Cuevas) keer terug na die klaskamer en begin maande ná Merlí se dood sy studies aan die fakulteit filosofie met die doel om sy mentor na te boots en 'n professor te word. Die reeks is in Barcelona verfilm, veral by die Universiteit van Barcelona, in die Gotiese Kwartier en op die stad se strande.
Hoofkarakters Karakters van die vorige reeks wat weer in die rolverdeling is, is onder andere Carlos Cuevas as Pol Rubio, David Solans as Bruno, Ana María Barbany as Carmina Calduch, Boris Ruiz as Alfonso, Assun Planas as Glòria en Francesc Orella as Merlí. Die nuwe karakters sluit in Pablo Capuz as Rai, Azul Fernández as Minerva, María Pujalte as María Bolaño and Gloria Ramos.
Belangrikste akteurs Carlos Cuevas as Pol Rubio María Pujalte as María Bolaño David Solans as Bruno Bergeron Pablo Capuz as Rai Claudia Vega as Oti Pere Vallribera as Biel Roca Boris Ruiz as Alfonso Rubio Azul Fernández as Minerva Picotti Eusebio Poncela as Dino (seisoen 2) Jordi Coll as Axel (seisoen 2)
Episodes Seisoen Episodes Uitgereik 1 8 2 8
Seisoen 1 1"Sapere aude""Dare to Know"Menna FitéHéctor Lozano 2"Fin' amor""Courtly Love"Menna FitéHéctor Lozano 3"El cardumen" "Shoal"Menna FitéHéctor Lozano 4 "La petite mort" "The Little Death"Menna FitéHéctor Lozano 5 "Bizitza" "Life"Menna FitéHéctor Lozano 6 "Crazy" "Crazy"Menna FitéHéctor Lozano 7 "Rio" "River"Menna FitéHéctor Lozano 8 "El batalló sagrat de Tebes" "Sacred Band of Thebes"Menna FitéHéctor Lozano
Seisoen 2 1"Un Punt Blau Pàl·lid""A Pale Blue Dot"Menna FitéHéctor Lozano 2"O Fortuna, Velut Luna""Oh Fate, Like the Moon "Menna FitéHéctor Lozano 3"La Cigüeña" "The Stork"Menna FitéHéctor Lozano 4 "Coches Inteligentes" "Smart Cars"Menna FitéHéctor Lozano 5 "Llorir" "Crying"Menna FitéHéctor Lozano 6 "Vida Normal" "Normal Life"Menna FitéHéctor Lozano 7 "Quemar el Libro" "Burn the Book"Menna FitéHéctor Lozano 8 "Maestros" "Teachers"Menna FitéHéctor Lozano
Nota
Verwysings
Skakels
Kategorie:Spaanse televisiereekse