Hannah Schmitz (née McMillan; gebore Mei 1985) is 'n Britse ingenieur, wat tans vir die Oostenrykse Formule Een-span Red Bull Racing as hoofstrategie-ingenieur werk. Sy word allerweë beskou as een van die suksesvolste vrouefigure in die sport van Formule Een, bekend as die sleutel in Red Bull se 2021, 2022 en 2023 titelaanslagte.
Persoonlike lewe Sy is getroud met 'n Duitse man, Markus Schmitz, en het twee dogters (gebore in 2019 en 2021).
Loopbaan Na die voltooiing van haar universiteitsstudies, het Schmitz haar loopbaan in November 2009 by Red Bull begin as 'n modellering- en strategie-ingenieur, waar sy hoofsaaklik nuwe simulasietegnieke nagevors en ontwikkel het, en simulasie-instrumente vir analise onderhou het. Sy het gereelde toetsverslae oor vorige prestasies en toekomstige strategieë opgestel. Sy het gou na die rol van Senior Strategie-ingenieur in 2011 verskuif, waar sy 'n sleutelrol in Red Bull Racing se "in-tyd" strategie in alle Grands Prix gespeel het, en is 'n onontbeerlike lid van die span. In 2021 is sy bevorder tot hoofstrategie-ingenieur.
Schmitz word gekrediteer vir 'n hele aantal van Red Bull se suksesse in Formule Een. Sy is in 2025 steeds werksaam by Red Bull Racing.
Verwysings
Kategorie:Britse ingenieurs Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Formule Een