Gnidia ornata is 'n struik wat deel van die Thymelaeaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Kleinrivierberge tot by Bredasdorp voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 1300 km² en is deel van die fynbos. Daar is ses bevolkings bekend. Die plant word bedreig deur die aanlê van wingerde, koring en protea verbouing asook indringerplante.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

ornata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika