Haar Majesteit se Koninklike Paleis en Fort, beter bekend as die Londense Tower, is 'n historiese monument in Sentraal-Londen, Engeland, aan die noordelike oewer van die Teemsrivier. Die Tower is in 1988 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Die Tower se hooffunksie was ’n fort, koninklike paleis en tronk (veral vir koninklikes soos die broers Eduard V van Engeland en Richard van Shrewsbury, 1ste Hertog van York en koningin Elizabeth I, asook ander mense met hoë status). Dit was ’n plek van marteling en teregstellings, ’n arsenaal, skatkamer, dieretuin, die koninklike munt, ’n sterrewag en is, sedert 1303, die tuiste van die kroonjuwele.

Ligging duimnael|links|Die Wit Toring dateer uit die laat 11de eeu Die kasteel staan aan die oostelike grens van die stad Londen se finansiële distrik, aan die Teemsrivier en naby Tower Bridge.

In die middel van die Londense Tower staan die Normandiese Wit Toring, wat in 1078 deur Willem die Veroweraar in die suidoostelike hoek van die stadsmure laat bou is.Adrian Tinniswood, A History of British Architecture: Buildings of the Middle Ages (p.2), 2001-01-01, bbc.co.uk webtuiste: BBC-Arch. Die toring was 'n magtige steengeworde simbool vir die nuwe Normandiese bewind in Engeland en sy voorneme om van permanente duur te wees. 'n Tweede funksie was dié van 'n vesting van tot dusver ongekende formaat en skuilplek - vir die nuwe bewindhebbers in die vroeë fase van stabilisering (waartydens opstande van Angel-Saksers nie volledig uitgesluit kon word nie), maar ook vir die Londense bevolking tydens militêre bedreigings van buite.

Die Wit Toring is 27 m hoog en die mure wissel tussen 4,5 m dik by die basis tot amper 3,3 m aan die bokant. In die 1190's het koning Richard die Leeuhart die Wit Toring laat toebou met ’n versterkte muur wat met ’n grag omring was.Peter Hammond (1987) The Tower of London: 5-6 Hendrik III het die buitekant laat witkalk, vandaar die naam.

Gevangenes Koninklike gevangenes van die Tower sluit in: Gruffydd ap Llywelyn Fawr (c. 1200 – 1 Maart 1244) ’n Walliese prins, die oudste maar buite-egtelike seun van Llywelyn die Grote ("Llywelyn Fawr"). Hy het hom doodgeval toe hy probeer ontsnap het. Jan Balliol, koning van Skotland – nadat hy deur Eduard I gedwing is om afstand te doen van die Skotse troon, is hy van 1296 tot 1299 in die Tower gevange gehou. Dawid II van Skotland. Jan II van Frankryk. Hendrik VI van Engeland is in die Tower gevange gehou en op 21 Mei 1471 daar vermoor. Eduard V en sy broer, Richard van Shrewsbury, 1ste Hertog van York, ook bekend as "die Prinse in die Tower". Margaret van Anjou, vrou van Hendrik VI. Anna Boleyn, koningin van Engeland. Die toekomstige Elizabeth I van Engeland, vir twee maande in 1554.

Ander bekendes: Guy Fawkes, bekend vir sy rol in die Buskruitverraad, is na die Tower gebring om ondervra te word. Rudolf Hess, onderleier van die Duitse Nazi-party, in Mei 1941.

Verwysings

Bennett, Edward Turner, The Tower Menagerie: Comprising the Natural History of the Animals Contained in that Establishment; with Anecdotes of their Characters and History, Londen, Robert Jennings, 1829. ’n DVD-stel van die Channel 4- dokumentêre reeks The Tower is in Junie 2005 uitgereik.

Eksterne skakels Historiese koninklike paleise Gids tot die Tower deur W.J. Loftie, c. 1904, van Project Gutenberg Londense Tower Die kasteel snags Geskiedenis Foto-essay Kaarte van die Londense Tower c. 1596–1815 Virtuele toer

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboue en strukture in Londen Kategorie:Kastele in Engeland Kategorie:Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in die Verenigde Koninkryk