Llwynywermod (Wallies: Llwynywermwd), ook Llwynywormwood, is ’n landgoed in Wallis wat aan koning Charles III behoort.
Dit is geleë naby die dorp Myddfai, Llandovery, Carmarthenshire; koning Charles het dit in Maart 2007 gekoop. Die drieslaapkamer-plaashuis, wat deur Craig Hamilton Architects in ’n woning vir hom omskep is, was eers die waenhuis van die nou verwoeste 13-slaapkamer-landhuis van die Griffies-Williams-familie daar naby.
Charles en sy vrou, Camilla, het in Junie 2008 in die huis begin bly wanneer hulle Wallis besoek. Huise in die binnehof word as vakansieverblyf gebruik as hulle nie daar woon nie.
Die historikus Mark Baker het ’n boek geskryf oor die geskiedenis en restourasie van die landgoed met die naam A Royal Home in Wales: Llwynywermod.Baker, Mark (2008). A Royal Home in Wales: Llwynywermod. Accent Press. . Dit is in Februarie 2008 in ’n spesiale leeromslag aan die Prins van Wallis geskenk.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Llwynywermod
Verdere leesstof Baker, Mark (2008). A Royal Home in Wales: Llwynywermod. Accent Press. .
Eksterne skakels Eiendom in die noorde van Cornwallis Eiendom in die weste van Cornwallis BBC NEWS: "In pictures: Charles' Welsh home" Daily Telegraph: "Head to Wales to find a farm fit for a Prince" The Times: "After 37 years as Prince of Wales, Charles finally buys a home there" BBC NEWS: "Royal History of Charles' Estate"
Kategorie:Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Wallis