Leeds 280px Ligging in Engeland Kaart 180px|senter 110px|senter Wapen 120px|senter|border Land  Land (VK)  Graafskap 20px Wes-Yorkshire Koördinate  Oppervlakte:    - Totaal 551,72 vk km Bevolking:    - Totaal (2017) 784 800  - Bevolkingsdigtheid 1 422/km² Tydsone UTC +0 (GMT)  - Somertyd UTC +1 (BST) Lord Mayor Eileen Taylor Amptelike webwerf www.leeds.gov.uk

Leeds (Engels: [ˈliːdz]) is 'n stad en metropolitaanse borough in Wes-Yorkshire, Noord-Engeland wat as die kulturele, finansiële en kommersiële sentrum van die stedelike gebied van Wes-Yorkshire (West Yorkshire Urban Area) met 'n bevolking van 1,5 miljoen dien.

duimnael|links|Leeds CBD at night.jpgNagtelike uitsig oor Leeds se besigheidskern duimnael|links|County Arcade, Victoria Quarter duimnael|links|Victoriaanse meesterstuk: Cuthbert Brodrick se Leeds Corn Exchange is intussen omgeskep tot #n winkelsentrum Leeds maak daarnaas deel uit van die metropolitaanse gebied van Leeds-Bradford, die vierde grootste in die Verenigde Koninkryk met 'n bevolking van sowat 2,3 miljoen en vorm die kernstad van die Leeds City Region, 'n ekonomiese streek met 'n bevolking van 2,9 miljoen. Vandag is Leeds die Verenigde Koninkryk se belangrikste sentrum vir sake-, regs- en finansiële dienste buiten Londen.

Die stad voer sy oorsprong terug na die 5de eeu toe die Koninkryk Elmet deur die bos van Loidis bedek was. Leeds het later 'n belangrike sentrum vir die wolbedryf geword wat ook tydens die nywerheidsomwenteling die basis van die plaaslike ekonomie sou vorm. Die stadsgebied van Leeds het vinnig uitgebrei en steeds meer nedersettings in die omgewing geabsorbeer om in die middel van die 20ste eeu tot een van Engeland se digsbevolkte stede te groei. Die huidige kernstad is met 'n bevolking van sowat 441 000 volgens die sensus van 2010 die vyfde grootste stedelike nedersetting in die Verenigde Koninkryk.

'n Aantal nedersettings in die Verenigde State en Kanada is na Leeds genoem.

Leeds was een van die gasheerstede tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1975, 1979, 1983, 1999, 2019, die Rugbywêreldbeker 2015 en die T20I-vrouewêreldbeker 2026.

Demografie Leeds is een van die grootste stede in die Verenigde Koninkryk. In 2006 was die bevolking in die distrik 85% Blankes, 5,7% Indiërs en 3,5% Swartes.

Susterstede Durban, Suid-Afrika Dortmund, Duitsland Siegen, Duitsland Lille, Frankryk Louisville, Verenigde State Brno, Tsjeggië Hangzhou, Volksrepubliek China Colombo, Sri Lanka

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Visit Leeds