Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha (Francis Albert Augustus Charles Emmanuel' 26 Augustus 1819 – 14 Desember 1861), later SKH die Prinsgemaal, was die eggenoot van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk. Talle geboue en plekke is na hom genoem, onder ander die Albert Memorial, die Albert Hall en die Victoria & Albert Museum in Londen.
Lewe Hy was 'n Duitse boorling wat in die Saksiese hertogdom van Sakse-Koburg-Saalfeld gebore is. Sy familie het bande met baie van Europa se koningshuise gehad. Op 20-jarige ouderdom trou hy met sy niggie, koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk, by wie hy nege kinders gehad het.
Hy het in kuns, musiek, wetenskap en die nywerheid belanggestel. In 1851 reël hy die Groot Tentoonstelling in Londen. Dit was 'n groot sukses en het sy gewildheid in Engeland aangehelp.
Dood Die prinsgemaal is op 14 Desember 1861 aan ingewandskoors dood weens die swak sanitêre toestand in Windsor-kasteel. Sy dood het Victoria baie swaar getref nadat haar ma vroeër in die jaar dood is. Sy het ’n routydperk betree en vir die res van haar lewe swart gedra. Sy het min in die openbaar verskyn en die volgende paar jaar min in Londen gekom. Haar afsondering het haar die bynaam "Weduwee van Windsor" besorg. Sy het haar seun Edward, die Prins van Wallis, vir sy pa se dood blameer – Albert het in November gehoor van Edward se swak gedrag en het na Cambridge gereis om sy seun te konfronteer.
Ná koningin Victoria se dood in 1901 het Edward haar opgevolg as die eerste koning van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha, genoem na die huis waartoe prins Albert behoort het.
Nageslag Victoria en Albert het 42 kleinkinders gehad en hulle huidige afstammelinge tel etlike honderde. Die Europese monarge en voormalige monarge wat van hulle afstam, is: Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk (asook haar man), Harald V van Noorweë, Carl XVI Gustaf van Swede, Margrethe II van Denemarke, Juan Carlos I van Spanje (asook sy vrou), en die afgesette konings Konstantyn II van Griekeland (asook sy vrou) en Michael van Roemenië. Die aanspraakmakers op die troon van Serwië, Rusland, Pruise en Duitsland, Sakse-Koburg en Gotha, Hannover, Hesse, Baden en Frankryk is ook afstammelinge.
Kinders
NaamGeboreOorledeNotasPrinses Victoria, keiserin van Duitsland21 November 18405 Augustus 1901Getroud 1858, Friedrich III, Duitse keiser en koning van Pruise; het kinders gehad.Koning Edward VII9 November 18416 Mei 1910Getroud 1863, prinses Alexandra van Denemarke; het kinders gehad.Prinses Alice, Groothertogin van Hesse25 April 184314 Desember 1878Getroud 1862, Ludwig IV, Groothertog van Hesse en by Ryn; het kinders gehad.Prins Alfred, die Hertog van Sakse-Koburg en Gotha en Hertog van Edinburg6 Augustus 184431 Julie 1900Getroud 1874, groothertogin Marie Aleksandrowna van Rusland; het kinders gehad.Helena, prinses Christiaan van Sleeswyk-Holstein25 Mei 18469 Junie 1923Getroud 1866, prins Christian van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Augustenburg; het kinders gehad.Prinses Louise, Hertogin van Argyll18 Maart 18483 Desember 1939Getroud 1871, John Douglas Sutherland Campbell, 9de Hertog van Argyll; geen kinders.Prins Arthur, Hertog van Connaught en Strathearn1 Mei 185016 Januarie 1942Getroud 1879, prinses Louise Margaret van Pruise; het kinders gehad.Prins Leopold, Hertog van Albany7 April 185328 Maart 1884Getroud 1882, prinses Helena van Waldeck en Pyrmont; het kinders gehad.Beatrice, prinses Henry van Battenberg14 April 185726 Oktober 1944Getroud 1885, prins Henry van Battenberg; het kinders gehad. Henry??
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Albert, Prince Consort
Eksterne skakels Saamgestelde komposisies van die prinsgemaal, red. W.G. Cusins; van Sibley Music Library Digital Scores Collection Albert van Sakse-Koburg en Gotha by die Royal Collection
Kategorie:Gades van Britse monarge Kategorie:Geboortes in 1819 Kategorie:Huis van Sakse-Koburg en Gotha Kategorie:Sterftes in 1861