Alfred, die Hertog van Sakse-Koburg en Gotha (Alfred Ernest Albert; 6 Augustus 1844 – 30 Julie 1900) was die tweede seun en vierde kind van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en Albert van Sakse-Koburg en Gotha. Hy het op 24 Mei 1866 die titels Hertog van Edinburg, Graaf van Kent en Graaf van Ulster gekry. Op 23 August 1893 het hy sy oom Ernst as die heersende Hertog van Sakse-Koburg en Gotha in die Duitse Ryk opgevolg.
Huwelik Op 23 Januarie 1874 het die Hertog van Edinburg in die Winterpaleis, Sint Petersburg, getrou met groothertogin Maria Aleksandrowna van Rusland, die tweede (en enigste oorlewende) dogter van tsaar Aleksander II van Rusland en sy vrou, Marie van Hesse en by Ryn. Om dit te vier, het ’n klein Engelse bakkery die nou internasionaal gewilde Mariebeskuitjie gemaak, met die hertogin se naam bo-op gegraveer.
Latere lewe Die hertog se enigste seun, erfprins Alfred, het na bewering in ’n skandaal betrokke geraak en homself in Januarie 1899 geskiet, te midde van sy ouers se viering van hul 25ste huweliksherdenking. Hy het dit oorleef, maar sy verleë ouers het hom na Merano gestuur om te herstel. Hy is twee weke later, op 6 Februarie, hier dood. Die hertog self is op 30 Julie 1900 aan keelkanker dood by Schloss Rosenau, sy somerwoning buite Koburg. Hy is opgevolg as die Hertog van Sakse-Koburg en Gotha deur sy broerskind, prins Charles Edward, Hertog van Albany.
Kinders NaamGeboreDoodNotas Prins Alfred 15 Oktober 1874 6 Februarie 1899 Erfprins van Sakse-Koburg en Gotha vanaf 22 Augustus 1893Prinses Marie29 Oktober 187518 Julie 1938Getroud met koning Ferdinand van RoemeniëPrinses Victoria Melita van Sakse-Koburg en Gotha25 November 18762 Maart 1936Getroud met (1) Ernst Ludwig, Groothertog van Hesse; geskei (2) Groothertog Kirill Wladimirowitsj van RuslandPrinses Alexandra van Sakse-Koburg en Gotha1 September 187816 April 1942Getroud met prins Ernst van Hohenlohe-Langenburgdoodgebore seun 13 Oktober 187913 Oktober 1879Prinses Beatrice van Sakse-Koburg en Gotha20 April 188413 Julie 1966Getroud met Don Alfonso, Infante van Spanje
Erflatenskap in Suid-Afrika duimnael|regs|270px|Thomas Bowler se skildery van prins Alfred se inwyding van die Tafelbaaise Breekwater, 1860. Die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad is na prins Alfred en koningin Victoria genoem. Die prins het die bou van die hawe in 1860 begin toe hy Suid-Afrika besoek het. Die eerste hawekom is na hom genoem en die tweede na sy ma, vandaar die naam. Prins Alfredpas by Knysna. Daar is ’n Prins Alfred-straat in Pietermaritzburg, Queenstown, Grahamstad, Durban en Caledon. Port Elizabeth se Fifa-wêreldbekerstadion word in Prince Alfred-park gebou. Prins Alfred het Port Elizabeth op 6 Augustus 1860 binnegevaar en sy 16de verjaardag daar gevier.http://www.theherald.co.za/colarc/hughb/hb07122007.htm ] Daar was baie jare lank ’n Prins Alfred-hospitaal in Grahamstad. Die Alfred-roeiklub is in 1864 in Tafelbaai gestig. Prince Alfred's Hamlet is ’n dorp in die Wes-Kaap. Die dorp Port Alfred lê aan die Kowierivier in die Oos-Kaap.
Verwysings
Bronne McKinlay, Brian The First Royal Tour, 1867–1868, (Londen: Robert Hale & Company, c1970, 1971) 200p.
Notas ''Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Alfred, Duke of Saxe-Coburg and Gotha
Kategorie:Geboortes in 1844 Kategorie:Huis van Sakse-Koburg en Gotha Kategorie:Sterftes in 1900