Die Mkumbanerivier is 'n rivier wat in die sentraal-noorde van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika vloei. Die rivier sluit uit die suide aan by die Wit-Mfolozirivier op pad na die Hluhluwe-iMfolozipark.
Die dorpie Mthonjaneni, en Dingaan se fontein, waaruit hy sy drinkwater laat skep het, kyk uit oor die Mkumbanerivier ("rivier van die leegte").
Eksterne skakel Google-kaart van die Mkumbanerivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal