thumb|260px|Logo - 75 jaar Formule 1 duimnael|220px|Lando Norris is die Formule Een wêreldkampioenjaer in 2025 duimnael|220px|Max Verstappen is die voormalige kampioen. Die 2025 FIA Formule Een Wêreldkampioenskap was 'n motorrenkampioenskap vir Formule Een-motors. Dit was die 76ste uitgawe van die Formule Een Wêreldkampioenskap. Dit is deur die Fédération Internationale de l'Automobile (FIA), die beheerliggaam van internasionale motorsport, as die hoogste klas kompetisie vir oopwiel-renmotors erken. Die kampioenskap was geskeduleer vir vier-en-twintig Grands Prix, wat regoor die wêreld beslis is, behalwe in Afrika. Dit het in Maart begin en op 7 Desember geëindig.
Renjaers en spanne het meegeding om die titels Wêreldrenjaerkampioen en Wêreldvervaardigerkampioen. Max Verstappen was die heersende jaerskampioen, totdat Lando Norris op 7 Desember gekroon is.
Algemeen Die derde weergawe van die tegniese regulasies is op 7 April 2025 gepubliseer.
Tegniese regulasies Die minimum toegelate massa vir die bestuurder sal van 80 kilogram tot 82 kilogram verhoog word. Gevolglik sal die totale minimummassa van die motor sonder brandstof van 798 kilogram tot 800 kilogram toeneem.
Sportregulasies Die vyfde weergawe van die sportregulasies is op 30 April 2025 gepubliseer.
Vereistes vir vrye oefening renjaers Die vereiste om 'n jong bestuurder tydens vrye oefening in te stel sal verhoog word van een keer per seisoen per motor tot twee keer per seisoen per motor.
Wegspringrooster Artikel 42 van die sportregulasies bepaal dat indien geen kwalifiserende of naelrenkwalifikasie gehou kan word nie, die wegspringrooster vir die naelren of wedren deur die puntestand in die kampioenskap bepaal sal word.
Vinnigste rondte geskrap Die ekstra punt vir die vinnigste rondte wat in die wedren gery is (indien onder die toptien geëindig en as minstens 50% wedrenafstand deur die leier van die wedren afgelê is) is uit die sportregulasies geskrap.
Verpligte kuipstoppe in Monaco Om die Monaco Grand Prix te verbeter, sal die aantal verpligte kuipstoppe vir hierdie byeenkoms vermeerder word. ’n Verpligte tweestopstrategie sal tydens die Grand Prix ingestel word, in beide nat en droë toestande. Boonop word die gebruik van ten minste drie stelle bande in die wedren verpligtend gemaak, met 'n minimum van twee verskillende bandsamestellings as dit 'n droë wedren is.
Naelren Hierdie seisoen, soos in 2024, sal die naelren by ses Grands Prix gehou word. Die Chinese, Miami, Belgiese, Verenigde State, São Paulo en Katarse Grands Prix sal die naelren-formaat aanbied.
Kalender thumb|300px|Lande wat 'n Grand Prix in 2025 organiseer, word in groen gewys, voormalige organiserende lande word in donkergrys gewys. Die kalender is amptelik op 12 April 2024 aangekondig. Die 2025-kalender bestaan, soos in 2024, uit vier-en-twintig Grands Prix. RondteGrand PrixRenbaanDatum1Australiese Grand Prix Melbourne Grand Prix Renbaan, Melbourne16 Maart2Chinese Grand Prix Shanghai Internasionale Renbaan, Shanghai23 Maart3Japannese Grand Prix Suzuka Internasionale Renbaan, Suzuka6 April4Bahreinse Grand Prix Bahrein Internasionale Renbaan, Sakhir13 April5Saoedi-Arabiese Grand Prix Djedda-straatrenbaan, Djedda20 April6Miami Grand Prix Miami International Autodrome, Miami Gardens, Florida4 Mei7Emilia-Romagna Grand Prix Enzo en Dino Ferrari-renbaan, Imola18 Mei8Monaco Grand Prix Monaco-renbaan, Monaco25 Mei9Spaanse Grand Prix Barcelona-Catalunya-renbaan, Montmeló1 Junie10Kanadese Grand Prix Gilles Villeneuve-renbaan, Montreal15 Junie11Oostenrykse Grand Prix Red Bull Ring, Spielberg29 Junie12Britse Grand Prix Silverstone-renbaan, Silverstone6 Julie13Belgiese Grand Prix Circuit de Spa-Francorchamps, Stavelot27 Julie14Hongaarse Grand Prix Hungaroring, Mogyoród3 Augustus15Nederlandse Grand Prix Zandvoort-renbaan, Zandvoort31 Augustus16Italiaanse Grand Prix Autodromo Nazionale di Monza, Monza7 September17Azerbeidjanse Grand Prix Bakoe-straatrenbaan, Bakoe21 September18Singapoerse Grand Prix Marinabaai Straatrenbaan, Singapoer5 Oktober19Verenigde State Grand Prix Circuit of the Americas, Austin, Texas19 Oktober20Meksikaanse Grand Prix Autódromo Hermanos Rodríguez, Meksikostad26 Oktober21São Paulo Grand Prix Interlagos, São Paulo9 November22Las Vegas Grand Prix Las Vegas Straatrenbaan, Paradise, Nevada22 November23Katarse Grand Prix Losail Internasionale Renbaan, Lusail30 November24Aboe Dhabi Grand Prix Yas Marina-renbaan, Aboe Dhabi7 DesemberBron:
Kalenderveranderings in 2025 Die Australiese Grand Prix is die openingswedren van die seisoen vir die eerste keer sedert 2019. Die Chinese Grand Prix en die Japannese Grand Prix het plekke op die kalender verwissel. Die Bahreinse Grand Prix asook die Saoedi-Arabiese Grand Prix is van Maart na April geskuif weens Ramadan. Die Spaanse Grand Prix en die Kanadese Grand Prix het plekke op die kalender verwissel. Die Belgiese Grand Prix en die Hongaarse Grand Prix het plekke op die kalender verwissel. Die Russiese Grand Prix was onder kontrak vir die 2025-seisoen. Die kontrak is egter in 2022 beëindig in reaksie op die Russiese inval in die Oekraïne.
Toetssessie Een voorseisoen-wintertoetssessie is van 26 tot 28 Februarie 2025 op die Bahrein Internasionale Renbaan in Sakhir, Bahrein gehou.
Inskrywings Die volgende vervaardigers en jaers is onder kontrak om aan die 2025 Wêreldkampioenskap deel te neem. Alle spanne ding mee met bande wat slegs deur Pirelli verskaf word. Elke span het ten minste twee renjaers ingeskryf, een vir elk van die twee verpligte motors.
+InskrywerVervaardigerOnderstelKragbronNr.RenjaerNr.Renjaers vrye oefening BWT Alpine F1 TeamAlpine-RenaultA525Renault E-Tech RE25 Jack Doohan1–662 Ryō Hirakawa3 Franco Colapinto7–2461 Paul Aron16 Pierre Gasly1–2461 Paul Aron20, 24 Aston Martin Aramco F1 TeamAston Martin-MercedesAMR25Mercedes AMG F1 M16E Performance Fernando Alonso1–2434 Felipe Drugovich4, 1434 Cian Shields24 Lance Stroll1–2435 Jak Crawford20, 24 Scuderia Ferrari HPFerrariSF-25Ferrari 066/12 Charles Leclerc1–2438 Dino Beganovic4, 11 Lewis Hamilton1–2438 Antonio Fuoco2039 Arthur Leclerc24 MoneyGram Haas F1-spanHaas-FerrariVF-25Ferrari 066/12 Esteban Ocon1–2450 Ryō Hirakawa9, 24 Oliver Bearman}1–2450 Ryō Hirakawa4, 20 Stake F1 Team Kick SauberKick Sauber-FerrariC45Ferrari 066/12 1–24 Nico Hülkenberg1–2497 Paul Aron12, 14 McLaren Formula 1 TeamMcLaren-MercedesMCL39Mercedes AMG F1 M16E Performance Lando Norris1–2489 Alex Dunne1189 Patricio O'Ward20 Oscar Piastri1–2489 Alex Dunne1689 Patricio O'Ward24 Mercedes AMGF1 W16Mercedes AMG F1 M16E Performance Kimi Antonelli 1–24 George Russell1–2472 Frederik Vesti4, 20 Visa Cash App Racing Bulls F1 TeamRacing Bulls-Honda RBPTVCARB 02Honda RBPTH003 Isack Hadjar1–24 Yuki Tsunoda1–2 Liam Lawson3–2440 Ayumu Iwasa20, 24 Oracle Red Bull RacingRed Bull Racing-Honda RBPTRB21Honda RBPTH003 Max Verstappen1–2437 Ayumu Iwasa436 Arvid Lindblad20 Liam Lawson1–2 Yuki Tsunoda3–2436 Arvid Lindblad12, 24 Atlassian Williams RacingWilliams-MercedesFW47Mercedes AMG F1 M16E Performance Alexander Albon1–2445 Victor Martins946 Luke Browning24 Carlos Sainz jr.1–2446 Luke Browning4, 20 Bron: FIAInskrywingslyste:
Verandering by spanne in 2025 Die RB F1-span sal die gebruik van die afkorting RB staak en in plek daarvan meeding as Racing Bulls.
Veranderinge van renjaers in 2025 Verandering van span/funksie Lewis Hamilton: Mercedes → Ferrari Carlos Sainz jr.: Ferrari → Williams Esteban Ocon: Alpine → Haas Nico Hülkenberg: Haas → Kick Sauber Liam Lawson: RB → Red Bull Valtteri Bottas: Kick Sauber → Mercedes (reserwejaer) Franco Colapinto: Williams → Alpine (roteerjaer) Zhou Guanyu: Kick Sauber → Ferrari (reserwejaer)
Nuut in Formule 1 Oliver Bearman: Formule 2 (Prema Powerteam) → Haas Jack Doohan: Alpine (reserwejaer) → Alpine Kimi Antonelli: Formule 2 (Prema Powerteam) → Mercedes AMG Gabriel Bortoleto: Formule 2 (Virtuosi Racing) → Kick Sauber Isack Hadjar: Formule 2 (Campos) → Racing Bulls
Uit Formule 1 vir 2025 Kevin Magnussen: Haas → BMW M Motorsport (fabrieksjaer) Sergio Pérez: Red Bull → Kontrak nie verleng nie
Tydens die seisoen Liam Lawson ry vanaf die Japannese Grand Prix vir die span van Racing Bulls. Yuki Tsunoda ry vanaf die Japannese Grand Prix vir die span van Red Bull. Franco Colapinto vervang Jack Doohan vanaf die Emilia-Romagna Grand Prix by die span van Alpine.
Uitslae Grands Prix RondeGrand PrixVoorste wegspringplekVinnigste rondeWenner(renjaer)Wenner(vervaardiger)Verslag1 Australiese Grand Prix Lando Norris Lando Norris Lando Norris McLaren-Mercedes Verslag2 Chinese Grand Prix +Naelren *1 Oscar Piastri Lando Norris *2 Oscar Piastri McLaren-Mercedes Verslag3 Japannese Grand Prix Max Verstappen Kimi Antonelli Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT Verslag4 Bahreinse Grand Prix Oscar Piastri Oscar Piastri Oscar Piastri McLaren-Mercedes Verslag5 Saoedi-Arabiese Grand Prix Max Verstappen Lando Norris Oscar Piastri McLaren-Mercedes Verslag6 20px|Vlag van Miami Miami Grand Prix +Naelren *3 Max Verstappen Lando Norris Oscar Piastri McLaren-Mercedes Verslag7 20px|Vlag van Emilia-Romagna Emilia-Romagna Grand Prix Oscar Piastri Max Verstappen Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT Verslag8 Monaco Grand Prix Lando Norris Lando Norris Lando Norris McLaren-Mercedes Verslag9 Spaanse Grand Prix Oscar Piastri Oscar Piastri Oscar Piastri McLaren-Mercedes Verslag10 Kanadese Grand Prix George Russell George Russell George Russell Mercedes AMG Verslag11 Oostenrykse Grand Prix Lando Norris Oscar Piastri Lando Norris McLaren-Mercedes Verslag12 Britse Grand Prix Max Verstappen Oscar Piastri Lando Norris McLaren-Mercedes Verslag13 Belgiese Grand Prix +Naelren *4 Lando Norris Kimi Antonelli Oscar Piastri McLaren-Mercedes Verslag14 Hongaarse Grand Prix Charles Leclerc George Russell Lando Norris McLaren-Mercedes Verslag15 Nederlandse Grand Prix Oscar Piastri Oscar Piastri Oscar Piastri McLaren-Mercedes Verslag16 Italiaanse Grand Prix Max Verstappen Lando Norris Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT Verslag17 Azerbeidjanse Grand Prix Max Verstappen Max Verstappen Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT Verslag18 Singapoerse Grand Prix George Russell Lewis Hamilton George Russell Mercedes AMG Verslag19 +Naelren *5 Max Verstappen Kimi Antonelli Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT Verslag20 Meksikostad Grand Prix Lando Norris George Russell Lando Norris McLaren-Mercedes Verslag21 18px|rand|Vlag van São Paulo São Paulo Grand Prix +Naelren *6 Lando Norris Alexander Albon Lando Norris McLaren-Mercedes Verslag22 20px|rand|Vlag van Las Vegas Las Vegas Grand Prix Lando Norris Max Verstappen Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT Verslag23 Katarse Grand Prix +Naelren *7 Oscar Piastri Oscar Piastri Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT Verslag24 Aboe Dhabi Grand Prix Max Verstappen Charles Leclerc Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT Verslag *1 Lewis Hamilton wen die naelren van die Chinese Grand Prix. *2 Lewis Hamilton teken die vinnigste hoofwedrenronde in China aan, maar is later gediskwalifiseer. *3 Lando Norris wen die naelren van die Miami Grand Prix. *4 Max Verstappen wen die naelren van die Belgiese Grand Prix. *5 Max Verstappen wen die naelren van die Verenigde State Grand Prix. *6 Lando Norris wen die naelren van die 2025 São Paulo Grand Prix. *7 Oscar Piastri wen die naelren van die 2025 Katarse Grand Prix.
Puntestelsel Punte word volgens 'n glyskaal toegeken vir die eerste tien geklassifiseerde renjaers. Punte vir die naelren word op 'n glyskaal toegeken vir die eerste agt geklassifiseerde renjaers. Die punte vir elke wedren word soos volg toegeken:
Plek1ste2de3de4de5de6de7de8de9de10deGrand Prix251815121086421Naelren87654321
Ranglys van renjaers