The Chestnut Man (Deens: Kastanjemanden) is 'n Deense polisiemisdaadreeks vir televisie wat op 29 September 2021 op Netflix begin wys het. Dit is geskep deur Dorte Warnøe Hagh, David Sandreuter en Mikkel Serup, geregisseer deur Kasper Barfoed en Mikkel Serup, en gebaseer op die boek met dieselfde naam deur Søren Sveistrup. Danica Curcic en Mikkel Boe Følsgaard vertolk die rolle van Naia Thulin en Mark Hess, wat die moord op verskeie vroue ondersoek wat 'n geheimsinnige kastaiingfiguur behels wat op die misdaadtonele gevind word.

Storielyn The Chestnut Man begin met die vonds van 'n vermoorde gesin in 1987 op 'n afgeleë plaas. Meer as 30 jaar later word 'n vrou op 'n speelterrein in die hedendaagse Kopenhagen vermoor gekry met een van haar hande vermis. Speurder Naia Thulin kry die taak om die geval te ondersoek. Sy en haar teensinnige nuwe polisiemaat, Mark Hess, ontdek 'n klein figuurtjie van 'n kastaiing gemaak langs die liggaam. 'n Geheimsinnige bewys word gou aan die kastaiingman ontdek: die vingerafdruk van 'n vermiste meisie, die dogter van die politikus Rosa Hartung.

Rolverdeling Die belangrikste karakters en akteurs is: Danica Curcic is Naia Thulin, 'n speurder van die Kopenhaagse polisie. Mikkel Boe Følsgaard is Mark Hess, 'n speurder van Europol wat tydelik na Kopenhagen terugkeer. David Dencik is Simon Genz, 'n forensiese werker. Lars Ranthe is Nylander, Thulin se baas. Iben Dorner is Rosa Hartung, die Deense minister van maatskaplike aangeleenthede wie se dogter, Kristine, verdwyn het. Louis Næss-Schmidt is haar man, Gustav Hartung.

Episodes       Seisoen   Episodes  Uitgereik 1 6

Ontvangs The Chestnut Man het oor die algemeen positiewe resensies gekry en op Rotten Tomatoes 'n goedkeuringsyfer van 100%. Resensente het dit beskryf as "aangrypend" en "grusaam".

Verwysings

Skakels

Kategorie:Deense televisiereekse