Paulina F. Chávez (gebore 22 Mei 2002) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rol in die televisiereekse The Expanding Universe of Ashley Garcia (2020).
Vroeë lewe Sy is gebore op 22 Mei 2002 in El Paso, Texas en het groot geword in San Antonio. Haar ouers is van Meksiko waar haar familie van Ciudad Juárez afkomstig is. Op die ouderdom van 7 het sy ingeskryf vir dramaklasse by haar laerskool in San Antonio waar haar ma gewerk het. Sy is later ingeskryf vir lesse by toneelspel-afrigter Cathryn Sullivan.
Filmografie Rolprente 2023: The Long Game 2024: The Casagrandes Movie 2025: Alexander and the Terrible, Horrible, No Good, Very Bad Road Trip
Televisiereekse 2020: The Expanding Universe of Ashley Garcia 2022: Fate: The Winx Saga 2024: Landman
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 2002 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu