Dionusios van Halikarnassos (Oudgrieks: Διονύσιος Ἀλεξάνδρου Ἁλικαρνασσεύς, Dionúsios Alexándrou Halikarnasseús; letterlik: 'Dionusios (seun van Alexandros) van Halikarnassos'; omstreeks 60 v.C. – ná 7 v.C.) was 'n Griekse geskiedkundige en leermeester van retoriek. Hy het gefloreer gedurende die bewind van keiser Augustus.Dionusios van Halikarnassos, Romeinse Oudhede Boek I, Hoofstuk 6 Sy literêre styl was "attisisties" – 'n nabootsing van klassieke Attiese Griekeland op sy hoogty. duimnael|Isokrates, hier uitgebeeld in 'n kopie van 'n borsbeeld uit die Villa Albani in Rome, was een van die voorste denkers oor paideia. Hy is bekend vir Rhōmaikē Archaiologia (Romeinse Oudhede), wat die geskiedenis van Rome van sy ontstaan tot die uitbreek van die Eerste Puniese Oorlog in 264 v.C. beskryf. Uit die 20 boeke waaruit die werk oorspronklik bestaan het, bestaan slegs nege. Dionusios se opinie van die noodsaaklikheid van die bevordering van "paideia" (Paideia (ook gespel paedeia; {Grieks: παιδεία) het verwys na die grootmaak en opvoeding van die ideale lid van die antieke Griekse polis of staat. Hierdie opvoedkundige ideale het later na die groter Grieks-Romeinse wêreld versprei, en is in Latyn humanitas genoem. Paideia was bedoel om aristokratiese deugde te bevorder by die jong burger wat op hierdie manier opgelei is. 'n Ideale man binne die polis sou afgerond wees, verfyn in intellek, sedes en liggaamlike deugde, en derhalwe was opleiding van die liggaam, verstand en siel belangrik. Beide praktiese, vakgebaseerde opleiding sowel as 'n fokus op die sosialisering van individue binne die aristokratiese orde van die polis was deel van hierdie opleiding. Die praktiese aspekte van "paideia" het vakke ingesluit binne die moderne begrip van fyn kunste (bv. retoriek, grammatika en filosofie), sowel as wetenskaplike dissiplines soos rekenkunde en medisyne. Gimnastiek en stoei is gewaardeer vir hul effek op die liggaam, saam met die morele opvoeding wat ingegee is deur die studie van musiek, poësie en filosofie. Hierdie benadering tot die grootmaak van 'n afgeronde Griekse jongman was algemeen in die Griekssprekende wêreld, met die uitsondering van Sparta, waar agoge beoefen is.) binne die opvoedingsregiment, het vir eeue voortgeduur in 'n vorm wat integraal was tot die identiteit van die Griekse elite.
Lewe Hy was afkomstig van Halikarnassos. Ná die einde van die burgeroorloë het hy na Rome verhuis en twee-en-twintig jaar spandeer in die bestudering van Latyn en letterkunde en die voorbereiding van materiaal vir sy geskiedenis. Gedurende die tydperk het hy lesse gegee in retoriek en die samesyn geniet van verskeie uitgelese persone. Die datum van sy afsterwe is onbekend. In die 19de eeu is dit algemeen aanvaar dat hy die voorouer was van Aelius Dionusius.
Werke Romeinse Oudhede Sy grootste werk, getiteld Romeinse Oudhede (Grieks: Ῥωμαϊκὴ Ἀρχαιολογία, Rhōmaikē Archaiologia) (Latyns: Antiquitates Romanae), handel oor die geskiedenis van Rome van die mitiese tydperk tot die aanvang van die Eerste Puniese Oorlog. Dit bestaan oorspronklik uit 20 boeke, maar slegs die eerste 9 hoofstukke bestaan steeds, terwyl die oorblywende boeke slegs as fragmente bestaan, in die vorm van uittreksels deur die Romeinse keiser Constantine Porphyrogenitus en 'n epitoom wat ontdek is deur Angelo Mai in 'n Milaanse manuskrip. Dionusius is die eerste groot historikus van die vroeë Romeinse geskiedenis wie se werk steeds bestaan. Verskeie ander antieke historici wat oor hierdie tydperk geskryf het, het Dionusius byna seker as bron vir hul materiaal gebruik. Die werke van Appianus, Plutarchus en Livius beskryf almal soortgelyke mense en gebeure van vroeë Rome as Dionusios.
In die voorwoord tot Boek I konstateer Dionusios dat die Griekse mense 'n gebrek het aan die mees basiese inligting oor Romeimnse geskiedenis, welke gebrek hy hoop om herstel met die huidige werk.
Boek I (1300?)–753 v.C. Mitiese vroeë geskiedenis van Italië en sy mense. Boek I vertel ook die geskiedenis van Aeneas en sy nageslag sowel as Dionisius se vertelling van die Romulus en Remus-mite, wat eindig met die dood van Remus.
Boek II 753–673 v.C.: Die Romeinse monargie se eerste twee konings, Romulus en Numa Pompilius. Romulus formuleer gebruike en wette vir Rome. Sabynse oorlog- soos in die daaropvolgende dele van die geskiedenis, word hierdie vroeë konflik beskryf asof talle offisiere, duisende infanterie en kavallerie betrokke was. Dit is hoogs onwaarskynlik, maar is 'n algemene anachronisme wat by antieke historici gevind word.
Boek III 673–575 v.C.: Konings Tullus Hostilius tot Lucius Tarquinius Priscus.
Boek IV 575–509 v.C.: Laaste van die Romeinse konings en einde van die monargie met die omverwerping van Lucius Tarquinius Superbus.
Boek V 509-497 v.C.: Begin van die Romeinse Republiek en konsulêre jare.
Boek VI 496–493 v.C.: Sluit die eerste geval van Plebeiese afskeiding in.
Boek VII 492–490 v.C.: Hierdie boek beskryf uitvoerig die agtergrond wat gelei het tot die Romeinse Coriolanus se verhoor wat in sy ballingskap geëindig het. 'n Groot deel van die boek is 'n debat tussen ondersteuners van die oligargie en die plebejers.
Boek VIII 489–482 v.C.: Coriolanus, nou verban, sluit 'n verbond met Rome se huidige primêre vyand, die Volsciërs. Coriolanus lei die Volsciese leër tydens 'n suksesvolle veldtog teen die Romeine se bondgenote en is op die punt om Rome self te verower. Coriolanus se moeder tree namens die Romeinse staat in gesprek om die konflik te beëindig en slaag daarin. Coriolanus word hierna op verraderlike wyse deur die Volsciërs vermoor. Die oorblywende deel van die boek dek die militêre veldtogte om grondgebied van die Volsciërs te herwin.
Boek IX 481–462 v.C.: Verskeie militêre veldtogte van gemengde sukses in die buiteland. Binnelands argumenteer die plebejers en patrisiërs en die "Konflik van die Ordes" of "Stryd van die Ordes" duur voort. Die aantal tribune word van 5 tot 10 verhoog. Boek IX eindig met die eerste twee jaar van die decemviraat en die skepping van die eerste Romeinse Regkodes.
Boek X 461–449 BC: Die decemviraat duur voort.
Nota Die laaste tien boeke is fragmentaries, gebaseer op uittreksels uit Middeleeuse Bisantynse geskiedenissamestellings. Boek XI bestaan meestal op ongeveer 50 bladsye (Aeterna Press, 2015 uitgawe), terwyl die oorblywende boeke slegs 12–14 bladsye per boek uitmaak.
Boek XI 449–443 v.C.: fragmente
Boek XII 442–396 v.C.: fragmente
Boek XIII 394–390 v.C.: fragmente
Boek XIV 390 v.C.: Galliërs. Slag aan die Allia en die plundering van Rome (387 v.C.).
Boek XV Eerste- en Tweede Samnitiese oorlog.
Boek XVI–XVII: Derde Samnitiese oorlog.
Boek XIX Die begin van konflikte tussen Rome en die krygsheer Pyrrhus van Epirus. Bedreig deur Romeinse uitbreiding na suidelike Italië, vra die stad Tarentum Pyrrhus om hulle te beskerm.
Boek XX: Romeins-Pyrrhiese oorlog, met Pyrrhus se tweede inval in Italië.
Omdat sy hoofdoelwit was om die Grieke te versoen met Romeinse heerskappy, het Dionusios gefokus op die goeie eienskappe van hul veroweraars, en ook aangevoer dat – gebaseer op antieke bronne uit sy eie tyd – die Romeine ware afstammelinge was van die ouer Grieke. Volgens Dionusios is geskiedenis die onderrig van filosofie by wyse van voorbeelde, en hierdie idee het hy uit die oogpunt van 'n Griekse retorikus gepropageer. Maar hy het die beste gesag noukeurig geraadpleeg, en sy werk en dié van Livius is die enigste gekoppelde en gedetailleerde bestaande verslae van die vroeë Romeinse geskiedenis.
Ander werke Dionusios was ook die outeur van verskeie verhandelings oor retorika waarin hy aantoon dat hy die beste Attiese modelle deeglik bestudeer het: Die Kuns van Retoriek (Grieks: Τέχνη ῥητορική; translit.: Tékhnē rhētorikḗ: 'n versameling essays oor die teorie van retoriek, onvolledig en nie alles sy werk nie; Die Ordening van Woorde (Grieks: Περὶ συνθέσεως ὀνομάτων; translit.: Perì sunthéseōs onomátōn, Latyns: De compositione verborum): oor die ordening van woorde volgens die verskillende redenaarstyle; Oor Nabootsing (Grieks: Περὶ μιμήσεως; translit.: Perì mimḗseōs: oor die beste modelle in die verskillende tipes literatuur en die wyse waarop dit nageboots moet word—'n gefragmenteerde werk; Kommentaar op die Attiese Redenaars (Grieks: Περὶ τῶν Ἀττικῶν ῥητόρων; translit.: Perì tôn Attikôn rhētórōn: handel oor Lysias, Isaeus, Isocrates en as byvoeging, Dinarchus; Oor die Bewonderenswaardige Styl van Demosthenes (Grieks: Περὶ λεκτικῆς Δημοσθένους δεινότητος; translit.: Perì lektikês Dēmosthénous deinótētos) Oor die Karakter van Thucydides (Grieks: Περὶ Θουκιδίδου χαρακτῆρος; translit.: Perì Thoukidídou kharaktêros)
Die laaste twee verhandelings word aangevul deur briewe aan Pompeius en Ammaeus (twee, waarvan een oor Thucydides handel).
Dionusiese imitatio
Dionusiese imitatio is die literêre metode van nabootsing soos geformuleer deur Dionusius, wat dit beskou het as die retoriese praktyk om 'n bronteks deur 'n vroeëre skrywer na te boots, aan te pas, te verwerk en te verryk. Ruthven (1979) pp. 103–104Jansen (2008) Dit toon duidelike ooreenkomste met Quintilianus se siening van nabootsing, en albei kan afkomstig wees van 'n gemeenskaplike bron.S F Bonner, The Literary Treatises of Dionysius of Halicarnassus (2013) p. 39
Dionusius se begrip wyk beduidend af van die begrip van mimesis soos geformuleer deur Aristoteles in die 4de eeu v.C., wat slegs gemoeid was met "nabootsing van die natuur" en nie "nabootsing van ander skrywers nie." Latynse redenaars en retorici het Dionusius se metode van imitatio aangeneem, en Aristoteles se mimesis-metode verwerp.
Geskiedenis in die Romeinse Oudhede en die stigtingsmite
Dionusius het uitgebreide navorsing vir sy Romeinse geskiedenis gedoen, die beskikibare gesag gekies en (byvoorbeeld) besonderhede van die Serviese Sensus bewaar.
Sy eerste twee boeke bied 'n verenigde weergawe van die veronderstelde Griekse oorsprong vir Rome, wat 'n verskeidenheid bronne in 'n vaste vertelling saamsmelt: die sukses het egter gekom ten koste van die verberging van die primitiewe Romeinse werklikheid (soos deur argeologie aan die lig gebring). Saam met Livius,J Burrow, A History of Histories (Penguin 2009) p. 101 en 116 is Dionusios dus een van die primêre bronne vir die verhale van die Romeinse stigtingsmite, en dié van Romulus en Remus, en is bv. daarop gesteun in die latere publikasies van Plutarchus. Hy skryf breedvoerig oor die mite en skryf soms direkte aanhalings aan die figure daarvan toe. Die mite strek oor die eerste 2 volumes van sy Romeinse Oudhede, wat begin met Boek I hoofstuk 73 en eindig met Boek II hoofstuk 56.
Romulus en Remus
Oorsprong en oorlewing in die natuur Dionusios beweer dat die tweeling Romulus en Remus gebore is uit 'n vestaalse maagd genaamd Ilia Silvia (soms genoem Rea), wat afstam van Aeneas van Troje, en die dogter is van Koning Latinus van die oorspronklike Latynse stamme oftewel Latini, wat Rome dus met beide Troje en die Latyne verbind. Dionusios lê die verskillende weergawes van haar swangerskap en die tweeling se bevrugting uiteen, maar weier om een bo die ander te kies.