duimnael|regs|180px|Cornelis Evertsen die Jongste Cornelis Evertsen die Jongste (16 November 1642 in Vlissingen – 16 November 1706 in Vlissingen) was 'n Nederlandse admiraal. Hy was seun van admiraal Cornelis Evertsen die Ouere. In 1673 het hy 'n leidende rol gespeel in die verowering van die voormalige Nederlandse kolonie Nieu-Amsterdam (hedendaagse New York) vanaf die Engelse, as deel van die Derde Engelse Oorlog. Hierdie oorwinning het gehelp om Nederlandse beheer oor die kolonie tydelik te herstel, maar dit is die volgende jaar in die Vrede van Westminster aan die Engelse teruggegee.
Bronne Roos, Doeke, Twee eeuwen varen en vechten 1550-1750. Het admiralengeslacht Evertsen, Vlissingen, 2003. Hellinga, Gerben Graddesz, Zeehelden uit de Gouden Eeuw, Zutphen, 2006.
Kategorie:Nederlandse militariste Kategorie:Admiraals Kategorie:Geskiedenis van Nederland Kategorie:Geboortes in 1642 Kategorie:Sterftes in 1706