duimnael|regs|Cornelis Evertsen die Ouere Cornelis Evertsen die Ouere (4 Augustus 1610 in Vlissingen – 11 Junie 1666 in die Noordsee) was 'n Nederlandse admiraal gedurende die 17de eeu en het 'n prominente rol gespeel in die Nederlandse vloot se oorloë teen Engeland. Evertsen het in 1666 gesterf in 'n geveg met die Engelse vloot tydens die Vierdaagse Seeslag van die Tweede Engelse Oorlog.

Evertsen het 14 kinders gehad, onder wie admiraal Cornelis Evertsen die Jongste.

Bronne

Warnsinck, J.C.M. (1938, 1943, 1976): Drie zeventiende-eeuwsche admiraals : Piet Heyn, Witte de With, Jan Evertsen

Kategorie:Nederlandse militariste Kategorie:Admiraals Kategorie:Geskiedenis van Nederland Kategorie:Geboortes in 1610 Kategorie:Sterftes in 1666