Christchurch (Engels)Ōtautahi (Maori) 300px|senter|Besienswaardighede van Christchurch Bynaam: The Garden City Leuse: Fide Condita Fructu Beata Spe Fortis ("Gestig in geloof, ryk in die vervulling daarvan, sterk in hoop op die toekoms") Ligging 100px|senter|Kaart van Nieu-Seeland 100px|senter|Kaart van Nieu-Seeland wat die ligging van Canterbury Region aandui Vlag en wapen 100px|senter 100px|senter Basiese gegewens Stigting: 1848 (Europeërs) Stadstatus: 1856 Bevolking: 396 200 (Junie 2023) Oppervlakte: 1 415,15 km² Bevolkingsdigtheid: 280/km² Gemiddelde inkomste: NZ$51 675 miljard (Canterbury-streek, 2024) Per kapita: NZ$74 772 (Canterbury-streek, 2024) Geografiese ligging: Tydsone: UTC +12 (NZST) Somertyd: UTC +13 (NZDT) Amptelike webwerf: ccc.govt.nz Administratiewe verdeling Land: Eiland: Suideiland Streek: Canterbury Burgemeester: Phil Mauger (O)

Christchurch (Engels: kraɪs.tʃɜːrtʃ, ; Māori: Ōtautahi) is die grootste stad op die Suideiland van Nieu-Seeland en die tweede grootste metropolitaanse gebied in die eilandstaat. Die stad is in 'n vlakte, die Canterbury Plains, net noord van die Banks-skiereiland aan die ooskus van die Suideiland geleë (Banks-skiereiland is intussen in 2006 by die stadsgebied ingelyf).

duimnael|links|Die toring van Christchurch se katedraal het as gevolg van die aardbewing op 22 Februarie 2011 ineengestort. 'n Twintigtal mense, waaronder buitelandse toeriste, is onder die puin begrawe. Terwyl kerkdienste na die sogenaamde Cardboard Cathedral verskuif is, ondergaan die katedraal steeds rekonstruksie Die Māorinaam van Christchurch – letterlik "die Plek van Tautahi" – is afgelei van 'n plaaslike stamhoof se tydelike woonplek langs die Avonrivier. Die Engelse naam is in 1848 deur die Canterbury Association aan die nuwe nedersetting gegee. Christchurch is volgens 'n roosterpatroon met kruisstrate rondom die Anglikaanse katedraal aangelê en word ten opsigte van sy argitektuur en atmosfeer nog steeds as die mees Engelse stad in Nieu-Seeland beskou. In 1856 was Christchurch die eerste nedersetting in Nieu-Seeland wat stadstatus gekry het.

Christchurch is vandag 'n groen stad wat ook uitgestrekte sandstrande behels, maar nogtans nie oor sy eie seehawe beskik nie. Hierdie funksie word deur Lyttelton Harbour vervul, 'n diep vulkaniese kraterbekkenhawe aan die Stille Oseaan. Christchurch word van Lyttelton deur die steil Porthills, 'n heuwelreeks waardeur twee tonnels gebou is, geskei.

Christchurch het 'n historiese betekenis gekry toe die Britse navorser Robert Falcon Scott vanuit hierdie stad in 1910 na Antarktika vertrek het – sy laaste ekspedisie wat tragies sou eindig. Later het Christchurch se lughawe as laaste tussenstasie vir Amerikaanse navorsers op pad na hul permanente MacMurdo-basis in Antarktika gedien.

Klimaat duimnael|links|'n Winternamiddag in Augustus aan die kus van Christchurch Christchurch het 'n droë gematigde seeklimaat met 'n gemiddelde jaarlikse temperatuur van 12,1 °C, gemiddelde maksimumtemperature van 22,5 °C in Januarie, gemiddelde minimumtemperature van 11,3 °C in Julie en 2 100 sonskynure per jaar, alhoewel die stadsgebied dikwels aan sterk winde blootgestel is – baie woonhuise word dus deur beplanting of hoë heinings en mure beskerm.

Die warm en droë noordwestelike winde (Canterbury Nor'westers) bereik soms stormsterkte. Winde wat uit die suide waai bring gedurende die wintermaande af en toe sneeu – so het daar in 1918, 1945 en 1992 erge sneeuvalle voorgekom. Die heersende winde waai egter oos en bring wolke en motreën. In teenstelling met ander groot Nieu-Seelandse stede soos Auckland en Wellington het Christchurch dan ook nie langs die kuslyn uitgebrei nie, maar eerder tot 'n binnelandse nedersetting ontwikkel.

In die winter daal temperature snags gewoonlik benede vriespunt, en die grond vries op 'n gemiddelde 70 dae per jaar. Sneeuval kom een of twee keer per jaar in die hoër geleë voorstede voor, terwyl die vlakte gewoonlik elke twee jaar een of twee keer sneeu kry. Gedurende koue winternagte ontwikkel soms 'n stabiele vallei-inversie in die stadsgebied – uitlaatgasse van voertuie en rookdampe veroorsaak dan rookmis. Die stadsregering het verskeie maatreëls ingestel om lugbesoedeling te beheer.

Die gemiddelde jaarlikse reënval is met 648 mm relatief laag, maar swaar reën kan nogtans oorstromings in sekere dele van die stadsgebied veroorsaak.

Geologie duimnael|links|'n Erg beskadigde gebou op die hoek van Worcester- en Manchesterstraat, met die katedraal van Christchurch in die agtergrond, op 4 September 2010 duimnael|links|Die kunsinstallasie Empty Chairs herinner aan die slagoffers van die aardbewing wat Christchurch in Februarie 2011 getref het Die land, waarop Christchurch ontstaan het, is in geologiese opsig nog relatief jong. Die grootste deel van die stadsgebied lê in 'n vlakte wat teen 'n effense helling see toe strek en in die binneland deur die uitlopers van die Nieu-Seelandse Alpe begrens word. Gletsers, wat die Alpe in die laaste kouetydperk geleidelik geërodeer het, het die vlakte oorspronklik met hul afsettings gevorm. Die Waimakariri, een van die Canterbury-streek se grootste riviere wat nog steeds deur smeltende gletsers gevoed word, vloei effens noord van Christchurch.

Gedurende die opeenvolgende geologiese tydperke was die huidige stadsgebied òf ver in die binneland geleë (byvoorbeeld tydens die kouetydperke van die Pleistoseen toe magtige gletsers die seevlak laat daal het) òf benede seevlak. Nog sowat 7 000 jaar gelede was die gebied deur die see bedek.

Alhoewel die stad veraf van aktiewe breuke geleë is (die Alpynse breuk loop verder weswaarts, die Hope- en ander breuke van Noord-Canterbury verder noordwaarts), bly aardbewings 'n konstante bedreiging vir Christchurch en is daar al verskeie kere skade aan geboue en infrastruktuur berokken. Ouer geboue is reeds in die 1970's omgebou om hulle meer bestand te maak teen aardbewings.

'n Aardbewing met die sterkte 7,1 op die moment-magnitude-skaal het nogtans op 3 September 2010 veral in die historiese stadskern twee miljard NZ$ (tien miljard ZAR) se skade aan talle baksteen- en ander geboue asook infrastruktuur aangerig. stuff.co.nz: Weather the next threat after earthquake Volgens die stadsraad van Christchurch is 500 geboue in die stadsgebied beskadig, waarvan sowat 90 in die middestad. Twee mense is ernstig beseer. Die aardbewing se episentrum was sowat veertig kilometer wes van Christchurch.

Op 22 Februarie 2011 is Christchurch deur nog 'n aardbewing getref. Die episentrum van die bewing, wat 'n sterkte van 6,3 op die Richterskaal geregistreer het, was in Lyttelton, sowat tien kilometer suid van Christchurch, en vyf kilometer onder die grond.

In teenstelling met die aardbewing van September 2010 het hierdie bewing oor die etensuur voorgekom en 185 lewens geëis, terwyl honderde beseer is. Die ramp het grootskaalse skade berokken en ook die kerktoring van Christchurch se katedraal het in die slag gebly. 'n Uitsaaigebou, die Christchurch-televisiegebou (CTV Building), het ineengestort. Hier is die meeste sterftes aangeteken. Baie van die 115 slagoffers in die gebou was oorsese studente wat Engels-kursusse in Christchurch gevolg het. Gordon McLauchlan: A Short History of New Zealand. Kindle-e-boek. Auckland: David Bateman 2014 Die uitsaaisentrum was in Augustus 2012 die eerste veelverdiepinggebou in Nieu-Seeland wat opgeblaas is.

Demografie duimnael|links|'n Lugbeeld van Christchurch In die eerste helfte van die 20ste eeu was Christchurch se bevolking nog merendeels van Britse afkoms. Eers ná die Tweede Wêreldoorlog het immigrante uit ander wêrelddele hulle ook in die stad begin vestig, alhoewel hul persentasie merkbaar laer was as in ander dele van Nieu-Seeland. 'n Klein aantal vlugtelinge uit Europese lande, soos Letland en Griekeland, het in hierdie periode 'n nuwe tuiste in Christchurch gevind, net soos kleiner groepe Hongaarse immigrante wat hier ná die mislukte opstand van 1956 aangekom het. Gedurende die 1950's en 1960's het groter getalle Nederlanders na Nieu-Seeland geïmmigreer waarvan sommige hulle in Christchurch kom vestig het. 'n Klein Latyns-Amerikaanse immigrantegemeenskap het met die aankoms van Chileense vlugtelinge ná die staatsgreep van 1973 ontstaan.

Sport duimnael|Lancasterpark In 1974 het Christchurch die tiende Britse Statebondspele aangebied.

Christchurch beskik met die Hagley-ovaal oor 'n belangrike toetskrieketstadion. Beide die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan en die Nieu-Seelandse nasionale vrouekrieketspan speel van hulle tuiswedstryde in die stad. Hagley-ovaal het onder andere wedstryde tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2000 en 2022, asook die Krieketwêreldbeker 2015 gehuisves, terwyl Lancasterpark tydens beide die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 en die Krieketwêreldbeker 1992 gebruik is.

In rugby word Christchurch tydens Superrugby deur die Crusaders verteenwoordig wat sy tuiswedstryde op die Rugby League Park speel. Lancasterpark is tydens die Rugbywêreldbeker 1987 gebruik. In Christchurch speel beide die All Blacks en Black Ferns van hulle tuiswedstryde op Rugby League Park. Oorspronklik is tydens die Rugbywêreldbeker 2011 ook wedstryde in Christchurch beplan, maar as gevolg van skade aan die infrastruktuur ná die 2011-aardbewing moes die beplande wedstryde na ander Nieu-Seelandse stede verskuif word.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van Christchurch se stadsraad

Ensiklopediese inligting

Toerisme

Amptelike toerismewebwerf

Kategorie:Kusstede