Dunedin (Engels)Ōtepoti (Maori) 300px|senter|Besienswaardighede van Dunedin Byname: Edinburgh of the South, Dunners Leuse: Maiorum institutis utendo ("Deur in ons voorvaders se voetspore te volg") Ligging 100px|senter|Kaart van Nieu-Seeland 100px|senter|Kaart van Dunedin en sy omgewing Vlag en wapen 100px|raam|senter 100px|senter Basiese gegewens Stigting: 1300 (Maori's)1848 (Europeërs) Stadstatus: 1855 Bevolking: 126 255 (2018-sensus) Oppervlakte: 3 286,14 km² Bevolkingsdigtheid: 38,4/km² Gemiddelde inkomste: NZ$18 226 miljard (Otago-streek, 2024) Per kapita: NZ$71 113 (Otago-streek, 2024) Geografiese ligging: Tydsone: UTC +12 (NZST) Somertyd: UTC +13 (NZDT) Amptelike webwerf: dunedin.govt.nz Administratiewe verdeling Land: Eiland: Suideiland Streek: Otago Burgemeester: Jules Radich (Team Dunedin)
Dunedin (Engels: [dʌˈniːdɪn], ; Māori: Ōtepoti) is die tweede grootste stad op Nieu-Seeland se Suideiland en die belangrikste nedersetting in die administratiewe distrik Otago. Ten opsigte van sy bevolking is Dunedin die vyfde grootste stad in die eilandstaat, die grootste volgens sy oppervlakte, en die sentrum van die sesde grootste stedelike gebied in Nieu-Seeland. Dit is daarnaas ook die wêreld se suidelikste stad met 'n bevolking van meer as 100 000.
duimnael|links|upright|Dunedin se Keltiese kruis en hoofstasie, soos gesien vanuit Queens Gardens Dunedin word om historiese en kulturele redes as een van die vier beduidendste stedelike nedersettings in Nieu-Seeland beskou, alhoewel Hamilton en Tauranga dit ten opsigte van hul stedelike bevolkings reeds verbygesteek het. In teenstelling met Christchurch, die grootste stad op die Suideiland met sy tipiese Engelse karakter, is Christchurch oorspronklik as 'n hoofsaaklik Skotse nedersetting gestig, waarby die Presbiteriaanse Kerk van Skotland 'n belangrike rol gespeel het. Skotse setlaars het hier gedurende die ekonomiese depressie van 1840 'n nuwe tuiste gevind. Die koeler klimaat van die suide was aantreklik genoeg om hier 'n nedersetting te stig wat die geangliseerde Keltiese naam van Edinburg, Dunedin, sou dra. Die groei van Dunedin was aan die 19de eeuse goudstormloop gekoppel wat die stad van voldoende fondse voorsien het om 'n eersterangse infrastruktuur van strate, brûe, 'n eie universiteit en seehawe te kan bekostig.
Tot vandag toe het Dunedin sy Victoriaanse karakter bewaar, en ook sy telefoongids lys nog steeds 'n opvallend groot persentasie Skotse vanne met die voorsetsels Mac of Mc. In Dunedin is ook Nieu-Seeland se enigste whisky-distilleerdery gestig. In 'n park in die stadsentrum, wat in die vorm van 'n aghoek aangelê is, word die Skotse digter en skrywer Robert Burns met 'n standbeeld vereer.
Dunedin pronk net soos Christchurch met lang sandstrande langs sy Pasifiese kuslyn. Die stad het op die heuwels en in die valleie rondom Otago Harbour ontstaan. Sowel die diep hawe asook die heuwels is van vulkaniese oorsprong. Die hawe, wat deur 'n langgestrekte skiereiland teen die branders van die Stille Oseaan beskerm word, is vroeër as 'n besonder veilige anker- en landingsplek beskou. Kolonies van witvlerkkoningalbatrosse en soms ook pikkewyne word deur die koeler klimaat van die omgewing gelok.
Sport duimnael|links|Die Forsyth Barr-stadion Dunedin beskik met die Universiteit van Otago-ovaal oor 'n belangrike toetskrieketstadion. Beide die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan en die Nieu-Seelandse nasionale vrouekrieketspan speel van hulle tuiswedstryde in die stad. Die Universiteit van Otago-ovaal het onder andere wedstryde tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 1982 en 2022, asook die Krieketwêreldbeker 2015 gehuisves, terwyl Carisbrook tydens die Krieketwêreldbeker 1992 gebruik is.
In rugby word Dunedin tydens Superrugby deur die Highlanders verteenwoordig wat sy tuiswedstryde op die Forsyth Barr-stadion speel. Dié stadion is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2011 gebruik, terwyl tydens die Rugbywêreldbeker 1987 wedstryde op Carisbrook aangebied is. In Dunedin speel beide die All Blacks en Black Ferns van hulle tuiswedstryde op die Forsyth Barr-stadion.
Dunedin was ook een van die Nieu-Seelandse gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2023.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Dunedin se stadsraad
Ensiklopediese inligting
Toerisme
Amptelike toerismewebwerf
Kategorie:Kusstede