Herschelle Herman Gibbs (gebore 23 Februarie 1974 Kaapstad) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het vir die Proteas gespeel, en alle vorme vir veertien jaar gespeel. 'n Regshandigekolwer, wat meestal die aanvangskolwer was, was die eerste speler om ses agtereenvolgende sesse te slaan in 'n Internasionale eendagwedstryd teen Nederland in die Krieketwêreldbeker 2007-toernooi. Voorheen het hy ook tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1999 en 2003, die Kampioenetrofeë in 2002, 2004, 2006 en 2009, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009 en 2010 vir Suid-Afrika gespeel.
Vroeë lewe Gibbs het skoolgegaan in Rondebosch. Hy was 'n goeie sportsman op skool en het rugby, krieket en sokker gespeel.
Persoonlike lewe Op 8 Junie 2007 is hy in St Kitts met Tenielle Povey getroud, maar het kort daarna weer geskei.
Internasionale loopbaan duimnael|links|Herschelle Gibbs in 2009 Gibbs het twee keer 200 lopies geslaan in sy toetsloopbaan. Sy eerste was 211 (nie uit) teen Nieu-Seeland in 1999. Sy eerste keer het 468 balle geduur terwyl sy tweede 228 was vanaf 240 balle teen Pakistan op Nuwelandstadion, en het 'n nasionale rekord 368 aangeteken saam met Graeme Smith. Hy het nog twee 300 lopies behaal met Steyn, die enigste twee in toetskrieketgeskiedenis om 300 te kry op drie geleenthede. Hy deel ook die Suid-Afrikaanse rekord met Jacques Kallis vir 315 (nie uit nie).
Strydpunte In 2001 is Gibbs beboet saam met verskeie spanmaats vir die gebruik van dagga op die Wes-Indiese Eilande.
Gibbs is berug vir sy betrokkenheid by die wedstrydknoeiskandaal met sy kaptein Hansie Cronjé. Hy het hom VS$ 15 000 aangebied om minder as 20 lopies te kry in die derde eendagwedstryd van die reeks. Gibbs het 74 lopies aangeteken. As gevolg hiervan is hy vir slegs ses maande verban. Hy het herhaaldelik geweier om na Indië te toer en met die Indiese polisie oor die saak te praat. Gibbs is egter in die Suid-Afrikaanse span aangewys om na Indië in die 2006-IKR-kampioenskapsreeks te toer. Hy moes gevolglik met die Indiese Polisie vergader oor sy betrokkenheid by die wedstrydskandaal.
Verwysings
Eksterne skakels
Herschelle Gibbs by CricketArchive Herschelle Gibbs by Cricinfo
Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense