Jacques Henry Kallis (* 16 Oktober 1975 te Kaapstad) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het vir etlike jare die titel as die wêreld se veelsydigste internasionale krieketspeler gehou. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999, 2003, 2007 en 2011, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009, 2010 en 2012, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2004, 2006 en 2009 vir Suid-Afrika gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm. Jacques Kallis is in Augustus 2020 in die IKR se Heldesaal opgeneem.

Toetsrekord Toetse Tot Lopies Hoogste Gem 100-talle 50-talle 166 13289 228 55.44 45 58 Soos op 29 Desember 2013 Toetse Balle Paaltjies Beste/beurt Beste/wedstryd 165 19774 289 6/54 9/92 Soos op 25 Desember 2013

Internasionale eendagwedstrydrekord Wedstryde Tot Lopies Hoogste Gem 100-talle 50-talle 325 11574 139 44.86 17 86

Wedstryde Balle Paaltjies Beste/beurt 325 10750 273 5/30 Soos op 18 Desember 2013

Hoogtepunte duimnael|links|Jacques Kallis in 2009 Jacques is die enigste krieketspeler ooit wat meer as 10 000 lopies en 250 paaltjies in beide toetskrieket en internasionale eendagwedstryde behaal het. Test Records 1000 runs, 50 wickets and 50 catches, Cricinfo ODI Records 1000 runs, 50 wickets and 50 catches, Cricinfo Hy is derde op die internasionale kolflys vir meeste toetslopies ooit:

Speler Lopies Toetse 100-talle Vangskote Land SR Tendulkar 15 921 200 51 115 Indië RT Ponting 13 378 168 41 196 Australië JH Kallis 13 289 166 45 199 Suid-Afrika R Dravid 13 288 164 36 210 Indië Soos op 29 Desember 2013

Hy is die tweede speler wat 40 toetshonderdtalle kon behaal (45). Sachin Tendulkar hou tans die rekord met 51 toetshonderdtalle. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat in 160 toetse gespeel het. Hy is uiteraard ook die Suid-Afrikaanse toetslopie rekordhouer. Hy beklee die tweede plek met vangskote (200) in toetskrieket vir Suid-Afrikaners. Net Mark Boucher (532) het meer vangskote geneem. Hy beklee die tweede plek vir toetsvangskote (paaltjiewagters uitgesluit).

Verwysings

Eksterne skakels

Jacques Kallis by Cricinfo Jacques Kallis by CricketArchive

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense