Marat Moebinowitsj Safin (Russies: Мара́т Муби́нович Са́фин [mɐˈrat mʊˈbʲinəvʲɪtɕ ˈsafʲɪn]; Tataars: Марат Мөбин улы Сафин, Marat Möbin uğlı Safin; gebore 27 Januarie 1980) is ’n voormalige Russiese tennisspeler wat voorheen no. 1 op die wêreldranglys was. Hy is die ouer broer van die tennisspeler Dinara Safina.

Safin het sy professionele loopbaan in 1997 begin en was in November en Desember 2000 nege weke lank tennis se no. 1-manlike speler. Hy het sy eerste Grand Slam-titel in die Amerikaanse Ope van 2000 gewen nadat hy Pete Sampras geklop het. In 2005 se Australiese Ope het hy Lleyton Hewitt geklop. Safin het Rusland in 2002 en 2006 die Davisbeker help wen. Ondanks die feit dat hy nie van grasbane hou nie, was hy in 2008 die eerste Russiese man wat die halfeindstryd op Wimbledon gehaal het.

Safin is tans no. 27 op die amptelik wêreldranglys vir mans. Hy het gesê hy sal heel moontlik ná die 2009-seisoen uit professionele tennis tree.http://news.yahoo.com/s/afp/20090123/wl_asia_afp/tennisopenausfederer_20090123203417

Vroeë lewe Marat Safin is in Moskou, Rusland (Sowjetunie), gebore as die seun van Mikhail Safin en Rauza Islanova, ’n Tataarse Moslem-egpaar. Hy praat vlot Russies, Engels en Spaans. Sy ouers is voormalige tennisspelers en tennisafrigters. Sy jonger suster, Dinara Safina, is ook ’n professionele tennisspeler en het in 2008 ’n silwermedalje op die Olimpiese Spele in Beijing gewen. Safin se pa was bestuurder van die plaaslike Spartak-tennisklub, waar Safin in sy jeug geoefen het saam met verskeie ander spelers soos Anna Kournikova, Elena Dementieva en Anastasia Myskina.

Op 14-jarige ouderdom het hy na Valencia, Spanje, getrek om toegang te verkry tot gevorderde tennisprogramme wat nie in Rusland beskikbaar was nie.

Tennisloopbaan Safin het sy professionele loopbaan in 1997 begin. In 1998 het hy Andre Agassi en die verdedigende kampioen, Gustavo Kuerten, ná mekaar in die Franse Ope geklop.U.S. OPEN: NOTEBOOK; After Teen-Agers Play, Talk Is of Top 10 Futures

Wêreld se no. 1 en Grand Slam-geskiedenis Safin was in November en Desember 2000 nege weke lank in die no. 1-posisie op die wêreldranglys toe hy sy eerste Grand Slam-toernooi in die Amerikaanse Ope gewen het deur Pete Sampras in skoon stelle te klop. ’n Paar beserings na mekaar het egter sy vordering belemmer en hy het die grootste deel van die 2003-seisoen misgeloop.

Safin het in nog drie Grand Slam-toernooie die eindronde gehaal – in die Australiese Opes van 2002, 2004 en 2005. Hy het senuagtigheid daarvoor blameer dat hy in 2002 verloor het en fisieke uitputting in 2004.Federer toys with Safin in Australian Open final In 2005 het hy Lleyton Hewitt geklop en sy tweede Grand Slam-titel in vyf jaar gewen. Net voor dit het hy die no. 1-gekeurde Roger Federer in die halfeindstryd geklop.

Sy beste prestasie op Wimbledon was om in 2008 die halfeindronde te haal nadat hy vorige jare dikwels in die eerste en tweede rondes uitgeskakel is. Roger Federer het hom egter 6-3, 7-6(4), 6-4 geklop.

ATP-Meesterstoernooi Safin het vyf Meesterstoernooititels in sy loopbaan gewen. Sy eerste was in 2000 in Toronto, Kanada. Die ander was drie in (2000, 2002 en 2004) in Parys, Frankryk, en een in 2004 in Madrid, Spanje.

Meestersbeker duimnael|upright|Marat Safin in 2008 in die Kanadese Meesterstoernooi. In 2004 het Safin die halfeindronde van die Meestersbekertoernooi in Houston gehaal waar Roger Federer hom 6–3, 7–6(18) geklop het. In 2000 het hy weer die halfeindronde gehaal.

Davisbeker Marat Safin het Rusland in 2002 gehelp om sy eerste Davisbeker te wen deur Frankryk in die eindronde te klop by die Palais Omnisports Paris Bercy. Die Russiese span het Yevgeny Kafelnikov, Mikhail Youzhny, Andrei Stoliarov en die spankaptein, Shamil Tarpischev, ingesluit. In 2006 het Safin Rusland weer die beker help wen.

Geaardheid Safin is bekend vir sy emosionele uitbarstings tydens wedstryde en het al talle rakette stukkend geslaan. Hy het in 1999 ’n geskatte 48 rakette gebreek. Safin self reken hy het sedert 2005 altesaam 300 gebreek. Hy raas dikwels met homself in Russies, Spaans en Engels oor verlore punte en het al argumente met skeidsregters gehad. Ondanks sy humeur is hy ook bekend vir sy humorsin op die baan, tydens onderhoude en op nuuskonferensies.

Loopbaan-statistieke Grand Slam-enkel-eindrondes (4) Wenner (2) Jaar |width="200"|KampioenskapTeenstander in eindronde |width="200"|Telling in eindronde2000 Amerikaanse Ope Pete Sampras 6–4, 6–3, 6–32005 Australiese Ope Lleyton Hewitt 1–6, 6–3, 6–4, 6–4

Naaswenner (2) Jaar |width="200"|KampioenskapTeenstander in eindronde |width="200"|Telling in eindronde2002 Australiese Ope Thomas Johansson 3–6, 6–4, 6–4, 7–6 (4)2004 Australiese Ope Roger Federer 7–6 (3), 6–4, 6–2

Grand Slam-rekord Die tabel toon Safin se prestasie tydens elk van die Grand Slam-mansenkelspeltoernooie waaraan hy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope 1998Nie deelgeneem nie Ronde 4 Ronde 1 Ronde 4 1999 Ronde 3 Ronde 4Nie deelgeneem nie Ronde 2 2000 Ronde 1 Kwarteindstryd Ronde 2 Wenner 2001 Ronde 4 Ronde 3 Kwarteindstryd Halfeindstryd 2002 Eindstryd Halfeindstryd Ronde 2 Ronde 2 2003 Ronde 3Nie deelgeneem nieNie deelgeneem nieNie deelgeneem nie 2004 Eindstryd Ronde 4 Ronde 1 Ronde 12005 Wenner Ronde 4 Ronde 3Nie deelgeneem nie2006Nie deelgeneem nie Ronde 1 Ronde 2 Ronde 42007 Ronde 3 Ronde 2 Ronde 3 Ronde 22008 Ronde 2 Ronde 2 Halfeindstryd Ronde 22009 Ronde 3 Ronde 2 Ronde 1 Ronde 1

Loopbaan-eindrondes Enkelspel (27) Wenner (15) Kleure Grand Slamtoernooie (2) Meestersbeker / ATP-wêreldtoereindrondes (0) ATP-Meesterstoernooi/ ATP-wêreldtoer-meesters 1000 (5) ATP- Internasionale Reeks Goud / ATP-wêreldtoer-500-Reeks (1) ATP- Internasionale Reeks / ATP-wêreldtoer-250-Reeks (7)Titels volgens oppervlak Hard (10) Klei (2) Gras (0) Mat (3) No.DatumToernooiOppervlakTeenstander in eindrondeTelling 1. 23 Augustus 1999 Boston, VSA Hard Greg Rusedski 6–4, 7–6(11) 2. 24 April 2000 Barcelona, Spanje Klei Juan Carlos Ferrero 6–3, 6–3, 6–4 3. 1 Mei 2000 Majorka, Spanje Klei Mikael Tillström 6–4, 6–3 4. 31 Julie 2000 Toronto, Kanada Hard Harel Levy 6–2, 6–3 5. 28 Augustus 2000 New York, VSA Hard Pete Sampras 6–4, 6–3, 6–3 6. 11 September 2000 Tasjkent, Oesbekistan Hard Davide Sanguinetti 6–3, 6–4 7. 6 November 2000 Sint Petersburg, Rusland Hard (i) Dominik Hrbatý 2–6, 6–4, 6–4 8. 13 November 2000 Parys, Frankryk Mat (i) Mark Philippoussis3–6, 7–6(7), 6–4, 3–6, 7–6(8) 9. 10 September 2001 Tasjkent, Oesbekistan Hard Yevgeny Kafelnikov 6–2, 6–2 10. 22 Oktober 2001 Sint Petersburg, Rusland Hard (i) Rainer Schüttler 3–6, 6–3, 6–3 11. 28 Oktober 2002 Parys, Frankryk Mat (i) Lleyton Hewitt 7–6(4), 6–0, 6–4 12. 13 September 2004 Beijing, China Hard Mikhail Youzhny 7–6(4), 7–5 13. 18 Oktober 2004 Madrid, Spanje Hard (i) David Nalbandian 6–2, 6–4, 6–3 14. 1 November 2004 Parys, Frankryk Mat (i) Radek Štěpánek 6–3, 7–6(5), 6–3 15. 17 Januarie 2005 Melbourne, Australië Hard Lleyton Hewitt 1–6, 6–3, 6–4, 6–4

Naaswenner (12) No.DatumToernooiOppervlakTeenstander in eindrondeTelling 1. 7 November 1999 Parys, Frankryk Mat (i) Andre Agassi 7–6, 6–2, 4–6, 6–4 2. 21 Mei 2000 Hamburg, Duitsland Klei Gustavo Kuerten 6–4, 5–7, 6–4, 5–7, 7–6 3. 20 Augustus 2000 Indianapolis, VSA Hard Gustavo Kuerten 3–6, 7–6, 7–6 4. 4 Februarie 2001 Doebai, VAE Hard Juan Carlos Ferrero 6–2, 6–3 5. 27 Januarie 2002 Melbourne, Australië Hard Thomas Johansson 3–6, 6–4, 6–4, 7–6 6. 19 Mei 2002 Hamburg, Duitsland Klei Roger Federer 6–1, 6–3, 6–4 7. 27 April 2003 Barcelona, Spanje Klei Carlos Moyà 5–7, 6–2, 6–2, 3–0 onttrek 8. 1 Februarie 2004 Melbourne, Australië Hard Roger Federer 7–6, 6–4, 6–2 9. 18 April 2004 Estoril, Portugal Klei Juan Ignacio Chela 6–7, 6–3, 6–3 10. 12 Junie 2005 Halle, Duitsland Gras Roger Federer 6–4, 6–7, 6–4 11. 9 Oktober 2006 Moskou, Rusland Hard (i) Nikolay Davydenko 6–4, 5–7, 6–4 12. 4 Oktober 2008 Moskou, Rusland Hard (i) Igor Kunitsyn 7–6(6), 6–7(4), 6–3

Dubbelspel Wenners (2) No.DatumTooernooiOppervlakMaatTeenstanders in eindrondeTelling 1. 2001 Gstaad, Switserland Klei Roger Federer Michael Hill / Jeff Tarango 0–1, onttrek. 2. 2007 Moskou, Rusland Mat Dmitry Tursunov Tomáš Cibulec / Lovro Zovko 6–4, 6–2

Naaswenners (4) No.DatumTooernooiOppervlakMaatTeenstanders in eindrondeTelling 1. 1999 Moskou, Rusland Mat Andrei Medvedev Justin Gimelstob / Daniel Vacek 6–2, 6–1 2. 2001 Sint Petersburg, Rusland Hard (i) Irakli Labadze Denis Golovanov / Yevgeny Kafelnikov 7–5, 6–4 3. 2002 Sint Petersburg, Rusland Hard (i) Irakli Labadze David Adams / Jared Palmer 7–6, 6–3 4. 2005 Halle, Duitsland Gras Joachim Johansson Yves Allegro / Roger Federer 7–5, 6–7, 6–3

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Marat Safin

Eksterne skakel

Amptelike webtuiste Marat Safin se ATP-profiel Marat Safin se ITF-profiel

Kategorie:Russiese tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers