duimnael|Die Graafskap Hohenzollern-Sigmaringen duimnael|Kaart van Roemenië in die 20ste eeu

Die Huis van Hohenzollern-Sigmaringen is ’n tak van die Swabiese lyn van die Hohenzollern-dinastie. Dit het oor die Graafskap Hohenzollern-Sigmaringen geheers wat later ’n prinsdom geword het.

Geskiedenis Die Graafskap Hohenzollern-Sigmaringen het in 1576 ontstaan met die verdeling van die Graafskap Hohenzollern, wat deel was van die Heilige Romeinse Ryk. Met die dood van die laaste Graaf van Hohenzollern, Karl I (1512–1579), is die grond tussen sy drie seuns verdeel: Eitel Frederick IV van Hohenzollern-Hechingen (1545–1605) Karl II van Hohenzollern-Sigmaringen (1547–1606) Christoph van Hohenzollern-Haigerloch (1552–1592)

Die Graafskap (sedert 1623 Prinsdom) Hohenzollern-Sigmaringen was ’n klein leengrondgebied in Suidwes-Duitsland wat in 1815 ’n onafhanklike staat geword het ná die Napoleontiese Oorloë. In die rewolusies van 1848 is die destydse heerser, Karl, onttroon. Sy seun, Karl Anton, het hom opgevolg en Pruise se hulp gevra. In ’n verdrag wat in Desember van dié jaar onderteken is, is Hohenzollern-Sigmaringen deur Pruise geannekseer met ingang van Maart 1850.

Karl Anton was van 1858 tot 1861 minister-president van Pruise. Toe die Hohenzollern-Hechingen-lyn in 1869 uitsterf met die dood van Konstantyn, het Karl Anton van Hohenzollern-Sigmaringen die titel Prins van Hohenzollern aangeneem.

Sy tweede seun, Karl Eitel Friedrich van Hohenzollern-Sigmaringen, het prins (1866–1881) en toe koning (1881–1914) van Roemenië geword onder die naam Carol. Die huis het op die troon gebly tot met die beëindiging van die Roemeense monargie in 1947 toe die land kommunisties geword het.

Franse teenkanting teen die kandidaatskap van Carol se ouer broer, prins Leopold, vir die troon van Spanje het die Frans-Pruisiese Oorlog (1870–1871) veroorsaak wat gelei het tot die stigting van die Duitse Ryk in Januarie 1871.

Heersers Suid-Duitsland Grawe van Hohenzollern (1576–1623) Karl II 1576–1606 Johann 1606–1623

Prinse van Hohenzollern-Sigmaringen (1623–1849) Johann 1623–1638 Meinrad I 1638–1681 Maximilian 1681–1689 Meinrad II 1689–1715 Joseph Franz Ernst 1715–1769 Karl Friedrich 1769–1785 Anton Aloys 1785–1831 Karl 1831–1848 Karl Anton 1848–1869 Prins Leopold van Hohenzollern-Sigmaringen 1885–1905 Prins Wilhelm van Hohenzollern-Sigmaringen 1905–1927 Prins Friedrich van Hohenzollern-Sigmaringen 1927–1965 Prins Friedrich Wilhelm van Hohenzollern-Sigmaringen 1965–hede

Oos-Europa Prins van Roemenië (1866–1881) Carol I 1866–1881

Konings van Roemenië (1881–1947) Carol I 1881–1914 Ferdinand 1914–1927 Michael 1927–1930 Carol II 1930–1940 Michael 1940–1947

Eksterne skakels Amptelike webtuiste van die Huis van Hohenzollern-Sigmaringen Amptelike webtuiste van die Roemeense koningsgesin

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikels :en:Hohenzollern-Sigmaringen

Kategorie:Geskiedenis van Roemenië