duimnael|regs|'n Handgemaakte diodebrug. Die silwer bande op die diodes dui die katode kant van die diode aan.

'n Diodebrug is 'n bruggelykrigterstroombaan wat uit vier diodes bestaan wat gebruik word tydens die proses om wisselstroom (WS) van die insetterminale na gelykstroom (GS) by die uitsetterminale om te skakel. Die brug se taak is om die negatiewe spanning van die WS-golfvorm na 'n positiewe spanning om te skakel, waarna 'n onderdeurlaatfilter gebruik word om die oorblywende rimpel te verwyder sodat die golf waarlik gelyk is.

Wanneer dit gebruik word in sy mees gebruikte toepassing, om WS na GS om se skakel, staan dit bekend as 'n bruggelykrigter. 'n Bruggelykrigter verskaf heelgolfgelykrigting van die tweedraad WS-inset, wat dit goedkoper en ligter maak in vergelyking met 'n gelykrigter wat 'n driedraadinset het vanaf 'n transformator met 'n middeltap- sekondêre winding.

Voordat geïntegreerde stroombane beskikbaar was, was 'n bruggelykrigter met afsonderlike diodes vervaardig. Sedert ongeveer 1950 is 'n enkelvierterminaalkomponent, wat die vier diodes bevat het in 'n brugkonfigurasie, beskikbaar en is tans beskikbaar met verskillende spanning- en stroomspesifikasies.

Diodes word ook in 'n brugtopologie saam met kapasitors gebruik as spanningvermenigvuldigers.

Elektroniese simbool 460px|links|Elektroniese simbool vir 'n diodebrug

Geskiedenis Die diodebrug stroombaan is uitgedink en ontwerp deur Karol Pollak en in Brittanje gepatenteer in Desember 1895British patent 24398 en in Januarie 1896 in Duitsland.(Graetz, 1897), p. 327 footnote. In 1897 het Leo Graetz, onafhanklik van Pollak, 'n soortgelyke stroombaan ontwerp en gepubliseer.Sien:

Vandag word daar soms na die stroombaan verwys as 'n "Graetz-stroombaan" of 'n "Graetz-brug".

Stroomvloei Volgens die konvensionele model van stroomvloei, soos oorspronklik voorgestel deur Benjamin Franklin, en steeds gevolg word deur moderne ingenieurs,Stutz, Michael ([email protected]), "Conventional versus electron flow", All About Circuits, Vol. 1, Chapter 1, 2000. vloei stroom deur die elektriese geleier van die positiewe na die negatiewe pool (bekend as positiewe vloei). Maar in werklikheid vloei die vry elektrone in 'n geleier omtrent altyd vanaf die negatiewe na die positiewe pool. In die meeste van die toepassings is die werklike rigting van stroomvloei irrelevant. In die bespreking hieronder word konvensionele stroomvloei gebruik.

Die kenmerk van 'n diode is dat stroom slegs in een rigting deur dit kan vloei en dit beteken dan dat die diode meevoorgespan is. Indien dit nie stroom gelei nie, word dit as teenvoorgespan beskou. 'n Diodebrug gebruik diodes as 'n komponente in serie om stroom toe te laat om te vloei as dit meevoorgespan is gedurende die positiewe gedeelte van die inset-WS-siklus en as sjunt komponente om die stroom te dwing om in die teenoorgestelde rigting gedurende die negatiewe gedeelte van die inset-WS deur die teenoorgestelde komponente te vloei. Dus gedurende enige gedeelte van die siklus sal twee diodes meevoorgespan en die ander twee teenvoorgespan wees.

Gelykrigter In die diagram hieronder, wanneer die inset aan die linkerhoek van die diamant positief is, en die inset aan die regterhoek is negatief, sal stroom van die boonste insetterminaal na die regterkant vloei, al langs die rooi lyn (positief) tot by die uitset en terugvloei na die laer insetterminaal deur die blou (negatiewe) pad.

Lêer:Diode bridge alt 1 V2.svg

Wanneer die inset aan die linkerhoek van die diamant negatief is, en die inset aan die regterhoek is positief, sal stroom van die onderste insetterminaal na die regterkant vloei, al langs die rooi lyn (positief) tot by die uitset en terugvloei na die laer insetterminaal deur die blou (negatiewe) pad.

Lêer:Diode bridge alt 2 V2.svg

duimnael|250px

In beide gevalle sal die boonste regteruitset positief en die laer regteruitset negatief bly. Hierdie beginsel sal altyd die geval wees ongeag of die inset WS of GS is. Dus produseer die stroombaan nie net 'n GS-uitset van 'n WS-inset nie, dit kan ook omgekeerde-polariteitbeskerming verleen. Indien die battery verkeerdom ingesit word, sal die GS toestel bly werk as gevolg van die gelykrigterbeginsel of byvoorbeeld indien die terminale van 'n GS kragbron omgekeer word sal dit ook beskerming verleen teen die omgekeerde polariteite.

'n Alternatief vir die diodebrug heelgolfgelykrigters is die middeltaptransformator en dubbele-diodegelykrigter asook spanningverdubbelgelykrigters wat twee diodes en twee kapasitors in 'n brugtopologie gebruik.

duimnael|250px|WS, halfgolf en heelgolf gelykgerigte seine"Rectifier", Concise Encyclopedia of Science and Technology, Third Edition, Sybil P. Parker, ed. McGraw-Hill, Inc., 1994, p. 1589.

Afvlakkringe Met 'n WS-inset is die uitset van 'n bruggelykrigter (ook 'n heelgolfgelykrigter genoem vir ons doeleindes; daar is ook halfgolfgelykrigters wat nie 'n diodebrug gebruik nie) 'n gepolarisseerde niesinusvormige pulserende spanning met dieselfde amplitude maar met twee keer die frekwensie as die inset. Die uitset kan beskou word as GS-spanning waarop 'n baie groot rimpelspanning gesuperponeer word. Hierdie tipe krag is nie baie bruikbaar nie omrede die rimpel as hitte gedissipeer word in GS-stroombane en kan ook ruis of distorsie veroorsaak tydens gebruik van die stroombaan.

Die meeste gelykrigters word dus gevolg deur 'n reeks breëbanddeurlaatfllters of bandstopfilters en/of 'n spanningreguleerder om die rimpelspanning na 'n gelyker en meer bruikbare GS-uitset om te skakel. 'n Filter mag so eenvoudig as enkele, groot genoeg kapasitor of 'n smoorspoel wees; die meeste filters verskaf as deel van kragbronne het verskeie wisselende serie en sjunt komponente. Wanneer die rimpelspanning styg word reaktiewe energie in die filterkomponente gestoor en verlaag sodoende die spanning; wanneer die rimpelspanning daal word die reaktiewe energie ontlaai uit die filterkomponente en die spanning styg. Die finale stadium van gelykrigting mag bestaan uit 'n Zenerdiode spanningreguleerder wat feitlik enige oorblywende rimpel verwyder en die uitset is skoon GS.

Veelfase diodebrûe Die diodebrug kan oor die algemeen gebruik word om veelfase WS-insette gelyk te rig. Byvoorbeeld, vir 'n driefase WS-inset kan 'n halfgolfgelykrigter wat uit drie diodes bestaan of 'n heelgolfbruggelykrigter wat uit ses diodes bestaan, gebruik word.

'n Halfgolfgelykrigter kan as 'n sterverbinding beskou word, omdat dit die stroom deur die middelste (neutrale) draad terugstuur. 'n Volgolfgelykrigter is meer soos 'n deltaverbinding, alhoewel dit aan die driefasebron van óf wye óf delta gekoppel kan word en dit nie die middelste (neutrale) draad gebruik nie.

duimnael|links|260px|Driefase volgolfgelykrigter duimnael|regs|260px|Driefase WS inset golfvorm (bo), halfgolf gelykgerigte golfvorm (middel), en volgolf gelykgerigte golfvorm (onder) duimnael|links|260px|Driefase bruggelykrigter vir 'n windturbine

Verwysings

Kategorie:Elektronika Kategorie:Elektroniese komponente