Lasiosiphon pedunculatus is 'n struik wat deel is van die Thymelaeaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap op die Knersvlakte, noord van Vredendal, voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 25 km² en daar is twee subpopulasies bekend. Die spesie word bedreig deur oorbeweiding.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
pedunculatus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika