DC Comics, Inc. (later eenvoudig bekend as DC) is die uitgewery van Amerikaanse strokiesboeke en die vlagskipeenheid van DC Entertainment, 'n dogtersmaatskappy van Warner Bros. Discovery. DC staan vir "Detective Comics", 'n Amerikaanse strokiesboekreeks wat in 1937 die eerste keer gepubliseer is.
Beskrywing thumb|links|120px|Die stigter van DC Comics, Malcolm Wheeler-Nicholson. DC Comics is een van die grootste en oudste Amerikaanse strokiesboekmaatskappye. Hulle eerste strokiesboek is in 1937 gepubliseer. Die meeste van sy publikasies speel in die DC Universe af en bevat talle kultureel ikoniese helde, soos Superman, Batman, Wonder Woman, Green Lantern, Flash en Aquaman; sowel as beroemde fiktiewe spanne soos The Endless, Justice League, Teen Titans en Suicide Squad. Die universe bevat ook 'n verskeidenheid bekende superskurke, soos Joker, Lex Luthor, Deathstroke, Reverse-Flash en Darkseid.
Die maatskappy het ook materiaal gepubliseer wat nie in die DC Universe afspeel nie, soos Watchmen, V for Vendetta, Fables en baie titels onder die alternatiewe name Vertigo en nou DC Black Label.
DC Comics en sy langdurige groot mededinger Marvel Comics (wat in 2009 aangeskaf is deur The Walt Disney Company, Warner Bros. Discovery se belangrikste mededinger) gee saam sowat 70% van die Amerikaanse strokiesboeke uit (2017). Dit sluit egter nie grafiese romans in nie.
Met die verkope van alle boeke ingesluit, is DC die grootste uitgewery naas Viz Media, en Marvel is derde.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Amerikaanse maatskappye