Eugène Allonsius (* 12 Desember 1937) is 'n uitgetrede Belgiese middel- en langafstandatleet. Hy het tydens die Olimpiese Somerspeles van 1960 en 1964 aan die 1500 meter en 5000 meter deelgeneem, maar kon nie die eindrondtes haal nie.Eugène AllonsiusEugene ALLONSIUS

Allonsius het gedurende sy loopbaan vyf nasionale rekords opgestel.BEL Record Progressions- Track . Association of Road Racing Statisticians. Verkry op 20 September 2024. Hy was 'n tweemalige Belgiese kampioen in die 1500 m, het nege keer die 5000 m nasionale titel gewen,National Outdoor 5000m Championships for Belgium . Association of Road Racing Statisticians. Verkry op 2014-01-14. en was ook die 1968 nasionale kampioen in die 10 000 meter.Belgiese kampioenskappe. GBR Athletics. Verkry op 20 September 2024. Hierbenewens het hy as gasatleet aan die mylwedloop by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in 1966 deelgeneem en die wedloop gewen in 'n tyd van 4:06,8.Suid-Afrikaanse kampioenskappe. GBR Athletics. Verkry op 20 September 2024.

Hy het die langwedloop by die 1963 Wêreld Militêre Landloopkampioenskappe gewen.World Military Crosscountry Championships . ARRS. Verkry op 2014-01-14. Hy was die wenner by die 1966 Volkscross in Brussel.Cross le soir . ARRS. Verkry op 2014-01-14. In 1966 het hy Allonsius Sport gestig, 'n maatskappy wat spesialiseer in atletiekafrigting en -uitrusting.Olympisch verleden . allonsius-sport.be

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Belgiese atlete Kategorie:Olimpiese deelnemers