Die Gold Apollo AR924 is 'n alfanumeriese eenrigting-radioroeper in 'n “taco-vorm” wat onder die handelsnaam van die Taiwanese maatskappy Gold Apollo verkoop word. Volgens 'n verklaring wat Gold Apollo op 18 September 2024 op hul webblad gepubliseer het, is hulle nie die vervaardiger van die toestel nie en het eerder die handelsmerk aan die Hongaarse maatskappy BAC Consulting gelisensieer.
Kenmerke Die rekenaarprogrammeerbare en handprogrammeerbare radioroeper is toegerus met 4 knoppies met tweerigting-blaai, 'n 4 reëls LCD-skerm en 'n verwyderbare litiumbattery, herlaaibaar via 'n USB-C-aansluiting, en is tot 85 dae met 2,5 uur se laai aktief.
Die AR924 laat die gebruiker toe om tot 30 boodskappe met 'n maksimum lengte van 100 karakters te stoor. Die data-oordragtempo is 512/1200/2400 bit/s vir POCSAG.
Verkope Die AR924-model is nie in Taiwan of die Verenigde State te koop nie. In die breë beloop direkte uitvoere van Gold Apollo-vervaardigde redioroepers vanaf Taiwan sowat 260 000 eenhede tussen die begin van 2022 en Augustus 2024 (insluitend meer as 40 000 tussen Januarie en Augustus 2024), meestal na die Verenigde State, Hongkong en Australië, volgens Taiwan se Ministerie vir Ekonomiese Sake.
Die ministerie se statedtieke toon geen direkte uitvoere van enige Gold Apollo-vervaardigde radioroepers vanaf Taiwan na Libanon gedurende dieselfde tydperk aangeteken nie, maar indirekte uitvoere deur derde partye kon egter nie uitgesluit word nie.
Israeliese vervaardiging en ontploffings in Libanon Sien Hoofartikel: Libanese en Siriese radioroeper-ontploffings in 2024
Israeliese intelligensiepersoneel het die radioroepers vervaardig, met die weergawes wat na Hezbollah verskeep is, ingesluit met plofstof in die battery.
Op 17 September 2024 het sowat 5 000 AR924-roepers byna gelyktydig in Libanon en dele van Sirië ontplof, omstreeks 15:30 plaaslike tyd, wat 12 mense dood en meer as 2 750 beseer het. Die ontploffings blyk 'n gekoördineerde aanval teen die Libanese Sjia Islamitiese politieke party en paramilitêre groep Hezbollah te wees. Na wat berig word, het sowat 500 Hezbollah-lede hul sig in die ontploffings verloor - geen verdere uitweiding oor hierdie getal is egter verskaf nie.
Aanvanklik gesirkuleerde foto's van die beskadigde radioroepers het komponente getoon wat die logo van Gold Apollo vertoon, wat gelei het tot koorsige aanlyn bespiegeling dat die betrokke roepers van sy fabrieke in Taiwan afkomstig is.
Die volgende dag het Gold Apollo-stigter, Hsu Ching-Kuang, aan verslaggewers in Taiwan gesê dat die maatskappy nie die radioroepers vervaardig het wat by die ontploffings betrokke was nie, maar dat dit deur sy langtermynvennoot, die Hongarye-gebaseerde maatskappy BAC Consulting KFT, vervaardig is onder 'n lisensie wat vir drie jaar in plek was."Taiwan's Gold Apollo Says Hezbollah Pagers Made By Hungary Partner," Barrons."Taiwanese Company Disavows Links to Exploding Pagers in Lebanon and Syria," Time. BAC Consulting KFT het met Gold Apollo saamgewerk en baie van sy produkte verteenwoordig."Taiwan’s Gold Apollo says Hezbollah pagers made by Hungary partner BAC," Al Arabiya. Gold Apollo het egter geen bewyse van die kontrak verskaf nie. Deutsche Welle wat BAC se amptelike adres in Boedapest ondersoek het, kon geen werknemers vind nie, wat gelei het tot spekulasie dat dit 'n dopmaatskappy is. Cristiana Bársony-Arcidiacono, die HUB van BAC Consultancy het ontken dat hulle die toestelle vervaardig het en beweer dat hulle tussengangers is.
Verwysings
Kategorie:Elektroniese verbruikersware Kategorie:Mobiele tegnologie Kategorie:Israel Kategorie:Libanon