Gerhard Herman Johannes Wilhelm Jacobus Geesink (27 Mei 1854 - 23 Januarie 1929), ook bekend as G. H. J. W. J. Geesink, of Willem Geesink was 'n Nederlandse Gereformeerde Teoloog. Hy was 'n professor aan die Vrije Universiteit Amsterdam van 1890 tot 1926, en is vier keer aangestel as rector magnificus. links|duimnael|164x164px|Geesink as a jong man. Geesink was as kerkhistorikus opgelei maar het ook filosofie, etiek en Nuwe-Testamentiese ekseges onderrig. Arie van Deursen merk op dat Geesink "as filosoof eenvoudig buite sy vaardigheidsraamwerk was", hy het as filosoof meestal oor etiek geskryf. Hans Schaeffer som Geesink se denke as volg op:

Die soewereine God het 'n morele wêreldorde geskep, wat Hy op die geestelike sowel as die natuurlike wêreld afdwing. Vir die geestelike wêreld – wat die morele een is – is God se ordinansies sy gebooie.

Vroeë lewe Geesink is op 27 Mei 1854 in Amsterdam, Nederland gebore. Hy is gedoop in die Hersteld Evangelies Lutherse Kerk, en op 20-jarige ouderdom het hy die kerkverband verlaat vir die Nederlandse Hervormde Kerk. Hy het aan Amsterdam, Utrecht, en Leiden gestudeer, en is op 5 April 1879 gepromoveer oor Gerard Zerbolt van Zutfen.

Tyd as Predikant Geesink is aangestel as predikant te Schipluiden in 1879, IJlst in 1882 en Rotterdam in 1884. Na die doleansie in Nederland is hy as 'n dolerende gereformeerde predikant aangestel in 1887. Vanaf 1890 is hy as hoogleraar aan die Vrije Universiteit aangestel in etiek en elenktiek. In 1926 het hy met emeritaat gegaan.

Verwysings

Kategorie:Nederlandse teoloë Kategorie:Geboortes in 1854 Kategorie:Sterftes in 1929