thumb|Handelsmerk van Orcid, Connecting Research and Researchers (Verbind navorsing en navorsers). Die ORCID (; Open Researcher and Contributor ID, Open Navorser en Medewerker ID) is 'n nie-eiendomsregtelike alfanumeriese kode om outeurs en bydraers van wetenskaplike kommunikasie uniek te identifiseer. Bronne:
. .
Verder fasiliteer ORCID se webwerf en dienste die opsoek van skrywers en hul bibliografiese opus, en ander stukke inligting wat deur die gebruiker verskaf word.
Dit beredder die probleem dat 'n spesifieke skrywer se bydraes tot die wetenskaplike literatuur of publikasies moeilik herkenbaar kan wees aangesien meeste persoonsname nie uniek is nie, of kan verander, soos bv. met huwelikke (nooiens- en getroude name). Daar kan kulturele verskille in naamvolgorde wees, name kan inkonsekwente gebruik van voornaam-afkortings bevat en verskillende skryfstelsels kan ter sprake wees. ORCID verskaf 'n volgehoue identiteit vir mense, soortgelyk aan belasting-ID-nommers, wat geskep word vir inhoudverwante entiteite op digitale netwerke deur digitale objek-identifiseerders (DOI's)..
Voorbeeld Die ORCID van die Suid-Afrikaanse historikus Fransjohan Pretorius is 0000-0001-6829-6942.
Verwysings
Kategorie:Akademie Kategorie:Biblioteekkunde Kategorie:Kommunikasie