Voetpadhoogte is ‘n bergpas in die omgewing van Murraysburg in die Wes-Kaap en bereik ‘n hoogte van 1430 m bo seespieël.

Die hoogte is op die R63-pad so ‘n 40 km van Murraysburg en ‘n 50 km van Graaff-Reinet. Dus is dit amper op die grens tussen die Wes- en die Oos-Kaap en net oos van die Jim Symingtonbrug (gebou 1960) oor die Buffelsrivier. Op dieselfde roete is die Van Ryneveldpas, die Oubergpas en die Rooikranshoogte.

LET WEL Hierdie pas is tussen Murraysburg en Graaff-Reinet en NIE in die Suid-Kaap nie.

Lees ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Verwysings

Bibliografie samountainpasses.co.za

Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika