Huis van Bernadotte duimnael|180px|Wapen van die Huis van Bernadotte Stigter Jean-Baptiste Bernadotte Land Swede Koning Carl XVI Gustaf (1973-) Titel Koning van Swede Voorganger Gustaf VI Adolf Vermoedelike opvolger Kroonprinses Victoria Land Noorweë Laaste koning Oscar II (1872–1905) Titel Koning van Noorweë Voorganger Karl IV
Die Huis van Bernadotte, die huidige koningshuis van Swede, regeer sedert 1818. Tussen 1818 en 1905 was dit ook die koningshuis van Noorweë.
Geskiedenis duimnael|links|Wapen van Jean-Baptiste Bernadotte, stigter van die Huis van Bernadotte. Ná die Finse Oorlog in 1809 het Swede Finland verloor. Laasgenoemde land het eeue lank die oostelike helfte van die Sweedse Ryk uitgemaak. Die woede en griewe teenoor koning Gustaf IV Adolf het ’n staatgreep bespoedig en Gustav Adolf se oom, die kinderlose Karl XIII, het hom vervang. Dit was net ’n tydelike oplossing en in 1810 het die Sweedse Riksdag die Deense prins Christian August van Augustenborg as troonopvolger gekies. As Sweedse kroonprins het hy die naam Karl August aangeneem; hy is egter later dieselfde jaar dood.
Omdat Napoleon I keiser van Frankryk was en direk of indirek oor ’n groot deel van kontinentale Europa geheers het, het die Sweedse parlement gedink dit sou net prakties wees om ’n koning te kies wat Napoleon sou goedkeur. Op 21 Augustus 1810 het die Riksdag Jean-Baptiste Bernadotte, maarskalk van Frankryk, as nuwe troonopvolger gekies.
Bernadotte, wat gebore is in die dorp Pau in die provinsie Béarn, Frankryk, se suster was getroud met Joseph, Napoleon se ouer broer, en hy is in 1804 tot maarskalk van Frankryk bevorder.
As kroonprins van Swede het hy die naam Karl Johan aangeneem en amptelik as regent waargeneem tydens die res van Karl XIII se bewind. Hy het in 1814 ’n gedwonge vereniging tussen Swede en Noorweë bewerkstellig in die Veldtog teen Noorweë. Jean-Baptiste Bernadotte het van 5 Februarie 1818 tot met sy dood op 8 Maart 1844 as koning Karl XIV van Swede en Karl III Johan van Noorweë regeer.
Die Huis van Bernadotte het oor albei lande regeer tot in 1905 met die ontbinding van die unie tussen Swede en Noorweë. Prins Karl van Denemarke, ’n kleinseun van koning Karl XV, is toe as Noorweë se nuwe koning gekies.
Konings van Swede en Noorweë duimnael|150px|Wapen van die Unie tussen Swede en Noorweë. duimnael|150px|Koninklike wapen van Swede.
+Swede Naam Van Tot Karl XIV Johan 1818 1844 Oscar I 1844 1859 Karl XV 1859 1872 Oscar II 1872 1907 Gustaf V 1907 1950 Gustaf VI Adolf 1950 1973 Carl XVI Gustaf 1973 hede
+Noorweë Naam Van Tot Karl XIV Johan 1818 1844 Oscar I 1844 1859 Karl XV 1859 1872 Oscar II 1872 1905
Bron Jean-Marc Olivier, "Bernadotte Revisited, or The Complexity of a Long Reign (1810–1844)", in Nordic Historical Review, nommer 2, Oktober 2006, pp. 127-137.
Verwysings ''Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:House of Bernadotte
Eksterne skakels Die Bernadotte-stamboom op Kindo
Bernadotte