Die blouwalvis (Balaenoptera musculus) is 'n seesoogdier wat tot die suborde Mysticeti (baard- en baleinwalvisse) behoort. Met 'n lengte van tussen 23 en 30,5 m en 'n massa van tot 136 ton, is dit die grootste dier op aarde. Die blouwalvis se liggaam is lank en slank, met 'n kleur wat wissel tussen blou en grys op sy rug en 'n ligter onderkant.FI – Species fact sheets. Fisheries and Aquaculture Department, Food and Agriculture Organization. Daar word onderskei tussen minstens drie subspesies: B. m. musculus, wat in die noorde van die Atlantiese en Stille Oseane aangetref word, B. m. intermedia, wat in die Suidelike Oseaan aangetref word, en B. m. brevicauda ('n dwergsubspesie), wat in die Indiese Oseaan en suide van die Stille Oseaan aangetref word. Dis moontlik dat B. m. indica, wat in die Indiese Oseaan voorkom, ook 'n subspesie is. Soos in die geval van ander baardwalvisse, bestaan die blouwalvis se dieet hoofsaaklik uit planktonkrefies ('n soort skaaldier), asook klein vissies en soms pylinkvis.
Aan die begin van die twintigste eeu was blouwalvisse volop in byna al die planeet se oseane. Vir meer as 40 jaar is hulle egter byna tot uitsterwing gejag, totdat die internasionale gemeenskap in 1966 besluit het om die diere te beskerm. 'n 2002-verslag beraam dat daar toe wêreldwyd tussen 5 000 en 12 000 blouwalvisse was, in vyf afsonderlike groepe. Slegs tussen 1 150 en 4 500 ware blouwalvisseInternational Whaling Commission , Whale Population Estimates , besoek op 28 Februarie 2009 kom na raming tans in die Suidelike Halfrond voor terwyl die aantal dwergblouwalvisse wêreldwyd moontlik sowat 10 000 beloop. Voor walvisvangs toegeneem het, was die grootste bevolking in die Antarktiese gebied, wat ongeveer 239 000 getel het. Ongeveer 13 000 dwergblouwalvisse en meer as 330 000 Antarktiese blouwalvisse is tydens die walvisvangsjare gejag,T. A. BRANCH et al, Past and present distribution, densities and movements of blue whales Balaenoptera musculus in the Southern Hemisphere and northern Indian Ocean, Mammal Rev. 2007, Volume 37, No. 2, 116–175. Gedruk in Singapoer. wat daartoe gelei het dat die huidige bevolkings slegs 'n klein breukdeel van die oorspronklike bevolking is, met ongeveer 2 000 walvisse in elke groep in die noordoostelike Stille Oseaan, die Antarktiese gebied en die Indiese Oseaan. Daar is twee groepe in die Noord-Atlantiese Oseaan en minstens nog twee in die Suidelike Halfrond.
Klassifikasie Blouwalvisse is vinwalvisse (Balaenopteridae), 'n familie wat die bultrugwalvis, die rorkwal, Bryde se walvis, die seiwalvis en die minkewalvis insluit. Daar word geglo dat die Balaenopteridae-familie moontlik reeds in die middel van die Oligoseen van die ander families in die Mysteceti-suborde gesplits het.
Die blouwalvis word gewoonlik as een van die sewe walvisspesies in die genus Balaenoptera geklassifiseer: een gesag het dit in 'n afsonderlike monotipiese (eensoortige) genus, Sibaldus, geklassifiseer, maar die klassifikasie is nie elders aanvaar nie. Analises van DNS-sekwensiëring het daarop gedui dat blouwalvise filogeneties nouer verwant is aan die bultrugwalvis (Megaptera) en die gryswalvis (Eschrichtius) as ander Balaenoptera-spesies.
links|duimnael|250px|'n Filogenetiese stamboom van diere wat aan die blouwalvis verwant is. Daar is minstens 11 gedokumenteerde gevalle van volwasse blouwalvis-rorkwalkruisings in die wildernis. Volgens die wetenskaplikes A. Arnason en A. Gullberg is die genetiese afstand tussen 'n blouwalvis en 'n rorkwal dieselfde as tussen 'n mens en 'n gorilla. Kruisings tussen 'n blouwalvis en bultrugwalvis is ook al aangetref.
Die spesifieke naam musculus is van Latyn afkomstig en kan "gespierd" beteken, maar dit kan ook as "klein muis" vertaal word. Hierdie laaste vertaling sou aan Carolus Linnaeus bekend gewees het: Linnaeus het die spesie sy naam gegee in sy hoogs invloedryke Systema Naturae (1758) en moontlik die naam met opset 'n ironiese dubbelsinnigheid gegee.
Gesaghebbendes klassifiseer die spesie in drie of vier subspesies: B. m. musculus, wat in die noorde van die Atlantiese en Stille Oseane aangetref word, B. m. intermedia, wat in die Suidelike Oseaan aangetref word en B. m. brevicauda, die dwergsubspesie, wat in die Indiese Oseaan en suide van die Stille Oseaan aangetref word.Ichihara T. (1966). The pygmy blue whale B. m. brevicauda, a new subspecies from the Antarctic in Whales, dolphins and porpoises Page(s) 79-113. Die vierde is die ietwat problematiese B. m. indica, wat in die Indiese Oseaan aangetref word, maar moontlik dieselfde subspesie as B. m. brevicauda is.
Beskrywing en gedrag duimnael|200px|links|'n Volwasse blouwalvis duimnael|250px|Die blouwalvis het 'n baie klein rugvin. Die blouwalvis het 'n lang, afgespitste liggaam wat uitgestrek voorkom vergeleke met die stewige bou van ander walvisse. Hy het 'n plat, U-vormige kop en 'n prominente bult wat van sy spuitgat tot die bopunt van sy bolip strek. Die voorkant van die mond is dik, met walvisbaard- of baleinplate: ongeveer 300 sulke plate (elk ongeveer een meter) hang van sy bokaak af en strek tot 50 cm die mond in. Tussen 60 en 90 groewe (ventrale plooie) loop langs sy nek, parallel met sy liggaam. Hierdie plooie help met die afvoer van water vanaf die mond na happe (sien "voeding" hier onder). Die dorsale vin is klein en slegs vir kort tye sigbaar tydens duike. Die vin word ongeveer driekwart langs die lengte van die liggaam aangetref en wissel in grootte van een individu tot 'n ander: sommige het skaars 'n sigbare hobbel, terwyl ander 'n prominente en sekelvormige vin het. Wanneer die blouwalvis na die oppervlak kom om asem te haal, stoot hy sy skouer en spuitgat verder bo die wateroppervlak as ander groot walvisse soos die rorkwal en die seiwalvis. Hierdie eienskap word deur waarnemers gebruik om tussen die spesies in die natuur te onderskei. Sommige blouwalvisse in die Noord-Atlantiese Oseaan en Noordelike Stille Oseaan lig hulle stertvin wanneer hulle duik. Tydens asemhaling uiter die blouwalvis 'n vertikale spuit met 'n gemiddelde lengte van 9 m, maar hoogtes van tot 12 m is al waargeneem. Die walvis het 'n longkapasiteit van 5 000 liter. Blouwalvisse het nie net een spuitgat nie, maar twee langs mekaar (vergelyk met die mens se neusgate).
Die vinpote is drie tot vier meter lang. Die bokante is grys, met 'n dun, wit rand. Die onderkante is wit. Die kop- en stertvin is oor die algemeen 'n eenvormige grys. Die walvis se boonste dele (en soms ook die vinpote) is gewoonlik gespikkeld. Die mate van gespikkeldheid wissel skerp van walvis tot walvis. Sommige het 'n eenvormige leigrys, terwyl ander 'n aansienlike variasie van digte grys, donkerblou en swart spikkels toon.
Die blouwalvis kan 'n spoed van 50 km/h oor kort afstande bereik, gewoonlik tydens interaksie met ander blouwalvisse. 'n Meer tipiese spoed is 20 km/h, alhoewel hulle tot 5 km/h bedaar wanneer hulle vreet.
Blouwalvisse lewe dikwels alleen of saam met 'n ander blouwalvis. Dit is nie bekend of paartjies vir lang periodes saam bly en of hulle slegs 'n kortstondige verhouding aanknoop nie. In plekke waar daar 'n hoë konsentrasie voedsel is, is al tot 50 blouwalvisse in een verspreide groep waargeneem. Hulle vorm egter nie die groot, hegte groepe wat by ander baardwalvisspesies waargeneem word nie.
Grootte regs|duimnael|250px|Die spuitgate van 'n die blouwalvis. duimnael|250px|Lugfoto van 'n blouwalvis waarin die borsvinne waargeneem kan word. regs|duimnael|250px|Die gespuit van 'n blouwalvis Dit is moeilik om 'n blouwalvis te weeg, bloot omdat dit so 'n enorme dier is. Die meeste blouwalvisse wat deur jagters gevang word, word nie as 'n geheel geweeg nie, maar eers in kleiner, beheerbare stukke gesny. Die verlies aan bloed en ander vloeistowwe het aanvanklik tot 'n te lae raming van die diere se gewig gelei. Nietemin is metings van tussen 150 en 170 ton geneem van walvisse met 'n lengte van tot 27 m. Volgens die Amerikaanse Nasionale Seesoogdierlaboratorium sal 'n 30 m lange walvis meer as 180 ton weeg. Die grootste blouwalvis wat tot op hede akkuraat deur hierdie instelling geweeg is, was 'n wyfie wat 177 ton swaar was.
Daar word geglo die blouwalvis is nie net die grootste dier op aarde nie, maar ook die grootste dier wat ooit gelewe het. Die grootste bekende dinosourus van die Mesosoïkum was die Argentinosourus, wat na raming tot 90 ton geweeg het. Die verlore rugwerwel van die dinosourus Amphicoelias fragillimus sou op 'n dier dui wat tot 122 ton geweeg het en 40–60 meter lank was,Carpenter, K. (2006). "Biggest of the big: a critical re-evaluation of the mega-sauropod Amphicoelias fragillimus." In Foster, J.R. and Lucas, S.G., eds., 2006, Paleontology and Geology of the Upper Jurassic Morrison Formation. New Mexico Museum of Natural History and Science Bulletin 36: 131-138. maar dié het in die 1870's verdwyn en slegs aantekeninge wat na die grootte verwys, bestaan nog. Die uitgestorwe Leedsichthys wat in die middel van die Jura-periode gelewe het, kan miskien ook om die titel meeding, maar aangesien fossiele skaars is, is dit baie moeilik om sulke vergelykings te maak. Tans word hierdie diere as kleiner as die blouwalvis beskou.
Daar bestaan ook onsekerheid oor watter blouwalvis presies die grootste ooit was: die meeste data ter beskikking is afkomstig van blouwalvisse wat in die Arktiese gebied deur jagters gevang is tydens die eerste helfte van die 20ste eeu. Hierdie jagters was nie baie vertroud met die standaard- soölogiese meettegnieke nie. Die langste walvisse wat ooit aangeteken is, was twee wyfies met lengtes van 33,6 m en 33,3 m, onderskeidelik. Die langste walvis wat deur wetenskaplikes van die Amerikaanse Nasionale Seesoogdierlaboratorium gemeet is, het 'n lengte van 29,9 m gehad.
'n Blouwalvis se tong weeg sowat 2,7 ton en wanneer sy mond ten volle uitgesit het, kan dit tot 90 ton voedsel en water hou. Ten spyte van die mond se grootte, is die blouwalvis se keel van so 'n aard dat hy niks kan insluk wat wyer is as ongeveer 'n sokkerbal nie.Blue Planet: Frozen seas (BBC documentary) Sy hart weeg 600 kg, die grootste van enige dier, en sy hoofslagaar (aorta) het 'n deursnee van 23 cm. Tydens die eerste sewe maande van sy lewe drink 'n blouwalvis elke dag ongeveer 400 liter melk. Blouwalviskalfies sit vinnig gewig aan, tot 90 kg per dag. Selfs by geboorte kan 'n blouwalviskalf tot 2 700 kilogram weeg; dis gelykstaande aan 'n volgroeide seekoei.
Dieet Blouwalvisse vreet byna uitsluitlik planktonkrefies, alhoewel hulle ook klein aantalle eenoogkrefies inneem. Die soöplanktonspesies wat deur die blouwalvis gevreet word, wissel van oseaan tot oseaan. In die Noord-Atlantiese Oseaan is Meganyctiphanes norvegica, Thysanoessa raschii, Thysanoessa inermis en Thysanoessa longicaudata die norm, terwyl Euphausia pacifica, Thysanoessa inermis, Thysanoessa longipes, Thysanoessa spinifera, Nyctiphanes symplex en Nematoscelis megalops in die Noorde van die Stille Oseaan gevreet word. In die Antarktiese gebied bestaan die dieet weer uit Euphausia superba, Euphausia crystallorophias en Euphausia valentin.