Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Nowosibirsk-oblast. NowosibirskНовосибирск 280px Nowosibirsk in Rusland Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 80px|senter|border Land  Oblast 21px Nowosibirsk-oblast Koördinate  Stigting 1893 Stadstatus 1904 Oppervlakte:    - Totaal 503 vk km  Hoogte bo seevlak 177 m Bevolking:    - Totaal (2019) 1 618 039  - Bevolkingsdigtheid 3 217/vk km Tydsone UTC+6  - Somertyd UTC+7 Burgemeester Anatoli Lokot Amptelike Webwerf www.novo-sibirsk.ru

Nowosibirsk (Russies: Новосиби́рск, "Nuwe Siberië") is die derde grootste stad in Rusland na Moskou en Sint Petersburg en die grootste stedelike nedersetting in Siberië met 'n bevolking van meer as 1,6 miljoen in 2019. Nowosibirsk, wat as setel van die gelyknamige administratiewe streek of oblast en as Siberië se industriële, wetenskaplike en kulturele sentrum dien, het sy stigting in 1893 aan die destydse grootskaalse uitbreiding van die Russiese Tsareryk se spoorwegnet te danke. 'n Brug van die Transsiberiese Spoorweg oor die Ob-rivier, wat hier byna een kilometer breed is, was die beginpunt van 'n vinnige stedelike groei. Tans is daar in die stadsgebied ses brûe oor die Ob. duimnael|links|Die silhoeët van Nowosibirsk se hooftreinstasie versinnebeeld 'n stoomlokomotief duimnael|links|'n Moderne woonstelkompleks duimnael|links|Nowosibirsk se Tolmatsjewo-lughawe Die huidige stad se bakermat was 'n klein nedersetting aan die Ob se linkeroewer, Kriwosjtsjekowo, wat as geskikte bouplek vir 'n spoorwegbrug geag is. Naby die dorpie het 'n werkerskamp ontstaan. In 1895 is die nuwe nedersetting ter geleentheid van tsaar Nikolaas II se troonbestyging Nowonikolajefsk genoem. Twee jaar later is die spoorwegbrug voltooi, en reeds in 1903 is stadstatus aan die snelgroeiende nedersetting toegeken. In 1926 is die stadsnaam gewysig na Nowosibirsk.

Nowosibirsk se industriële sektor het gedurende die Tweede Wêreldoorlog sterk groei ervaar namate nywerheidsaanlegte ná die Duitse aanval op die Sowjetunie ooswaarts na Siberië verskuif is. Ook baie kunsskatte uit Moskou is hier in veiligheid gebring en tot die einde van die oorlog gestoor.

Stadsbeplanners het Nowosibirsk van breë strate en buitengewoon groot pleine voorsien. Die hoofstraat Krasni-prospekt is sowat 10 km lank. Hier is die grootste operahuis in Eurasië geleë met 'n oppervlakte van 65 000 m².

Susterstede 21px Minneapolis-St. Paul, VSA (1989) 21px Sapporo, Japan (1990) 21px Changchun, Volksrepubliek China (1994) 21px Daejeon, Suid-Korea (2001) 21px Warna, Bulgarye (2008) 21px Minsk, Wit-Rusland 21px Doncaster, Verenigde Koninkryk

Verwysings

Eksterne skakels Wiki-webtuistes

Media

YouTube.com: Vadim Makhorov - Novosibirsk, Siberia 2018 (hommeltuigopnames in 1080p) Koerantberigte

Neue Zürcher Zeitung (NZZ), 18 November 2017: Nowosibirsk wagt den Aufbruch aus der Mitte Sibiriens

Kategorie:Nedersettings in Rusland