Hazyview is 'n klein landbou- en toerismedorp in die noordooste van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is digby die Phabenihek van die Krugerwildtuin. Die belangrikste gewasse wat hier verbou word is piesangs en mango's.

Die naam is ontleen aan die wasigheid wat die vergesigte van hierdie dele van die Laeveld op 'n warm dag onthul.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga