NGC 3242 (ook bekend as die Spook van Jupiter of die Oognewel) is 'n planetêre newel in die sterrebeeld Noordelike Waterslang. William Herschel het dit op 7 Februarie 1785 ontdek. John Herschel het dit in die 1830's van die Kaap die Goeie Hoop, Suid-Afrika, waargeneem en in die General Catalogue van 1864 as GC 2102 opgeneem. Dit het NGC 3242 geword in J.L.E. Dreyer se New General Catalogue van 1888.
NGC 3242 word meestal die "Spook van Jupiter" genoem vanweë sy soortgelyk vorm as die planeet, maar dit word ook soms die "Oognewel" genoem. Die planetêre newel is sowat twee ligjare lank en bevat 'n sentrale witdwerg met 'n skynbare magnitude van 11. Die binneste lae van die newel is sowat 1 500 jaar gelede gevorm. Die twee punte van die newel word gekenmerk deur lobbe van vinnig bewegende gas wat dikwels rooi gekleur word in valskeurfoto's.
NGC 3242 kan maklik deur amateurteleskope gesien word en lyk vir die meeste waarnemers blougroen. Groot teleskope kan ook die buitenste halo onderskei.
Galery
Verwysings
Skakels The Hubble European Space Agency Information Centre – Hubble-foto en inligting oor NGC 3242 NGC 3242 by astro-pics.com
Kategorie:Noordelike Waterslang 3242 Kategorie:Planetêre newels Kategorie:Caldwell-voorwerpe