IC 4406, ook die Retinanewel genoem, is 'n planetêre newel naby die westelike grens van die sterrebeeld Wolf, sowat 2 000 ligjare van die Aarde af. Dit het stofwolke en die vorm van 'n torus. Tog lyk dit effens reghoekig van die Aarde af, omdat dit van die kant af gesien word.
Struktuur IC 4406 is tweepolig en het sterk komsentrasies van materiaal by sy ewenaar. Sy knope het 'n "kantagtige" voorkoms en het geen geordende simmetrie na die sentrale witdwerg nie. Die knope het geen sterte nie. Nie een van die eienskappe het sterk kante nie. Minstens vyf dowwe ringagtige strukture, wat as boë noord en suid van die hoofnewel gesien kan word, is deur die Baie Groot Teleskoop waargeneem.
Die sentrale ster van die newel het 'n spektraaltipe soortgelyk aan dié van 'n Wolf-Rayetster. Volgens 'n ontleding deur Gaia lyk dit of dit 'n dubbelsterstelsel kan wees.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Wolf (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre newels