Die Medusanewel is 'n planetêre newel in die sterrebeeld Tweeling. Dit is ook bekend as Abell 21 en Sharpless 2-274. Dit is oorspronklik in 1955 deur George Abell ontdek wat dit as 'n ou planetêre newel geklassifiseer het. Sowjetse sterrekundiges het in 1971 beaam dat dit heel waarskynlik 'n planetêre newel is. Omdat die newel so groot is, is sy oppervlakhelderheid baie laag, met 'n magnitude van nie meer as +15,99 nie.

Die sentrale ster van die newel is 'n PG 1159-ster, 'n warm ster wat besig is om 'n witdwerg te word.

Verwysings

Skakels The Sharpless Catalog: Sharpless 274 Astronomy Picture of the Day-foto: Die Medusanewel Images of the Universe: PK 205+14.1 Die Medusanewel in die Tweeling

Kategorie:Tweeling (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre newels